Kuns en die verwerking van die verlede
Abstract
Ten spyte van ʼn demokrasie van bykans twintig jaar sit Suid-Afrikaners steeds opgesaal met die komplekse
nalatenskap van ʼn verlede gekenmerk deur rassespanning. Direk na die eerste demokratiese verkiesing
in die land in 1994 was Suid-Afrikaners vir ʼn kort rukkie saamgesnoer in ʼn euforie van ʼn sogenaamde
reënboognasie onder die vaandel van neo-patriotisme en die Afrika-renaissance. Sedert President Nelson
Rolihlahla Mandela in 1999 die leisels aan Thabo Mbeki oorgegee het, is daar ʼn teleurstellende agteruitgang
in rasseverhoudings. Om antwoorde te probeer kry op die vraag hoe en watter rol kuns kan speel om met die
verlede vrede te maak, interpreteer ek twee werke van Willem Boshoff, naamlik Panifice (2001) en Writing in
the Sand (2000). Die teoretiese raamwerk vir hierdie artikel vind aansluiting by Paul Ricoeur se voorstelle vir
ʼn nuwe kyk op geskiedenis deur ʼn verbeeldingryke omgang daarmee. Daar word ook aangesluit by Giorgi
Verbeeck se insigte ten opsigte van ʼn terugkyk op die verlede vanuit ʼn eietydse perspektief en omgewing.
Collections
- Faculty of Humanities [2033]