Show simple item record

dc.contributor.advisorWeyers, M.I.
dc.contributor.advisorJacobsz, J.M.
dc.contributor.authorVan den Bergh, Gert Nicholaas
dc.date.accessioned2015-08-26T10:04:50Z
dc.date.available2015-08-26T10:04:50Z
dc.date.issued1972
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/14328
dc.descriptionProefskrif--PU vir CHO, 1971en_US
dc.description.abstractDie Transvaalse polisie het sy beslag gehad in die polisiestelsel van die Kaapkolonie soos aangepas by die bepaalde, en soms ongelyksoortige, behoeftes van verskillende ortrekkerpioniersnedersettings. Die stelsel, wat swaar geleun het op instellings wat nie ‘n direkte polisie-assosiasie gehad het nie, het geen noemenswaardige ontwikkeling deurgemaak nie en teen die begin van die sewentigerjare was die Transvaalse polisiediens so stagnant dat dit ‘n opvallende agterstand teenoor al die buurstate geopenbaar het. Eers onder die bewind van president Burgers is die plattelandse diens, wat hoofsaaklik met Bantoes te maak gehad het, tot ‘n mate gemoderniseer. Hierdie proses het veral gewentel om die losmaking daarvan van die militêre waaraan dit voorheen om finansiële en organisatoriese gerief innig versmeld was. Ook Britse tussenregering wat wel weinig nuuts tot die groei van ‘n selfstandige polisieorganisasie kon bydra, het, soos Burgers, nuwe weë van opset en organisasie vir die herstelde Republiek ontsluit. Die eerstes hiervan het egter dwaalweë geblyk te wees. Voortgesette geldnood, maar veral die onheilsame oorheersing van die polisiediens deur Piet Joubert, wat sy oë op die verlede eerder as op die toekoms gerig het en op die artilleriekorps eerder as op ‘n landspolisie, was grotendeels hiervoor verantwoordelik. "Die gevolg was verkeerde beklemtoning van organisasie en aanwending sodat nie slegs die werksaamhede nie maar die hele bestaan van die plattelandse polisieorganisasie in die weegskaal beland het en die polisie verhinder is om die rol waartoe dit in staat was in die bantoe-onluste van die tagtiger- en vroeë negentigerjare in noord-Transvaal te speel. Die enigste konstante faktor in die polisiediens was die rol wat die veldkornette en later die bantoekommissarisse in die kleine gespeel het. Op die dorpe het die gemoedelike ontwikkeling hoofsaaklik gewentel om die vasstelling van beheer wat dikwels meer gebieders as polisie tot gevolg gehad het. In pas met die grondwetlike woelinge van die jare vyftig en sestig, het die vraagstuk ‘n vinnige maar ook verwarrende tydperk deurgemaak totdat die leisels uiteindelik in die hande van die staatsprokureur beland het. Deur sy professionele kennis, wetshandhawingsfunksie en toegang tot die regering het hy gesorg vir ‘n gestadigde maar volgehoue groei en meer doeltreffende aanwending van die dorpspolisiediens. Die vernaamste ontplooiing volg na die ontdekking van goud. In die verband was die ontwikkeling van delwerye in die noorde, ooste en weste voor die op die Witwatersrand ‘n seën in so verre hulle as leerskool gedien het vir die probleme met wetshandhawing onder elemente wat aan die Transvaalse samelewing vreemd en selfs vyandig was. Hoewel die basiese wetgewing en polisieorganisasie in die verband dus reeds bestaan het met die aanvang van die ongeëwenaarde toeloop van Uitlanders na Johannesburg, het ‘n legio van ander probleme spoedig ontstaan en met verloop van tyd vererger. ‘n Belangrike interne probleem, wat soos so vele ander gespruit het uit die onversadigbare vraagstuk na genoegsame getalle polisie, was die sistematisering van administrasie, bevel en beheer. Met organiese probleme van hierdie aard kon die stadige meulens van die wetgewende en uitvoerende gesag nie tred hou nie. Dit was deels omdat die staat nag te onvolwasse was en die probleem te omvattend, maar ook deels omdat die staat nie geneë was om die Johannesburgers se probleme op te los nie en deels omdat die Johannesburgers verkies het om hulle probleme nie deur die republikeinse regering opgelos te kry nie. Hierdeur is aan die Johannesburgse polisiediens ‘n verdere dimensie verleen waardeur dit gevaar geloop het om tot 'n pion in ‘n diplomatieke skaakspel tussen die staatsowerhede en die Uitlanders gereduseer te word. Die houding van die Uitlanders teenoor Boereinstellings in die algemeen vorm trouens die vernaamste eksterne faktor wat die polisiediens geslyp het. Beginnende met die Jameson-inval het die polisiediens ‘n spil geword waarom politieke wrywing tussen Pretoria, Johannesburg en Londen gewentel het en die bedrewenheid en integriteit of andersins van die republikeinse geregsdienaar het ‘n belangrike bestanddeel geword van die hekseketel waaruit die Tweede Vryheidsoorlog gevloei het. Aan die ander kant het Johannesburg ‘n vername bydrae gelewer tot die wasdom van die polisiediens. Ten opsigte van aanwending het dit die speurdiens gebaar. Organisatoriese prosesse van rasionalisasie onder die beheer van die kommissaris van polisie en bewegings om aan die diens ‘n professionele gestalte te verleen deur opleiding, verbeterde kommissariaat administrasie en die uitstryking van die vraagstuk van bevel en beheer deur die byvoeging van 'n aparte regskundige element – die administratiewe buro, en die kodifikasie van instruksies, kom pas na die stimulus van die Jameson-inval tot bevrugting. Maar veral het die unieke eise wat Johannesburg gestel het die polisiediens op ‘n peil van doeltreffendheid gedwing waarvoor Uitlander- en ook ander kritici in die spannende dae voor die Tweede Vryheidsoorlog blind was, maar waarop die klein Republiek trots kon wees. Soos die polisiediens op die dorpe het die plattelandse diens ook sy finale beslaggewing aan die inval te danke. Maar die tradisie van gebondenheid aan die krygsdiens en bantoeadministrasie het verhoed dat die diens algehele selfstandigheid verwerf het terwyl slegs in die onlusgeteisterde streke, van die noordelike Transvaal sprake was van afdoende polisiesterkte en dit ‘n skamele twee jaar voor die einde. Ook ten opsigte van die plattelandse polisiediens het Britse belange ‘n botsing met die Republiek gebolwerk om die Bunu-kwessie. Vir die laaste stormagtige ontwikkelingsfase van die polisiediens was nie slegs Jameson en Uitlanderkritiek verantwoordelik nie maar ook die onvermoeide ywer van ‘n aantal, meesal jong, amptenare. Aan die “stompkant” neem persone soos staatsprokureurs Esselen en Smuts ‘n ereplek in terwyl aan die aksiekant in Johannesburg dit Krause, Pietersen, De Beer, Schutte, Van Dam en selfs Trimble en op die platteland eers Dahl en toe Du Toit was. Daarenteen het die polisiekommissarisse ‘n opvallend beperkte bydrae gelewer. Die laaste paar jaar van die Republiek se bestaan het verdere uitbreiding van polisiepligte meegebring wat gewentel het om die staatsveiligheid en die Z.A.R.P's algaande voorberei het vir die militêre rol wat die oorlog vir hulle sou meebring. Die belangrikste hiervan, ewe-eens ‘n nasleep van die kruispaaie wat die Jameson-inval in die polisiewese meegebring het, was die geheime diens waarvan die plek in die Republiek se militêre voorbereidings nog nie ten volle bepaal is nie. Tydens die oorlog self is die gereelde polisie as die Republiek se enigste opgeleide berede infanterie, op ‘n vroeë stadium vir krygsdiens aangewend om op die gevegsfront die stryd teen Imperialisme op ander wyse voort te sit as wat dit reeds vir meer as tien jaar in die strate van Johannesburg gedoen het. Anders as by Dalmanutha waar die Johannesburgse Z.A.R.P.'s met aansienlike roem omhul hul laaste opdrag uitgevoer het, het die raap en skraap amateurpolisie waarmee hulle op die tuisfront vervang moes word, aan ‘n gestadiger en roemloser einde gekom sodat die polisiediens in die Zuid-Afrikaansche Republiek in die opsig nie op ‘n hoër noot afgesluit het as waarmee dit begin het nie. Ook het die Republikeinse polisiediens geen nalatenskap gehad nie. Die beswaddering van die diens in Britse kringe het die herlewing daarvan na die Oorlog - volgens tydgenote se latere opmerkings, minstens gedeeltelik ten nadele - verhoed.en_US
dc.language.isootheren_US
dc.subjectPolisieen_US
dc.subjectSuid-Afrikaen_US
dc.subjectTransvaalen_US
dc.subjectTransvaal (Suid-Afrika)en_US
dc.subjectGeskiedenisen_US
dc.subject1880-1910en_US
dc.subjectPoliceen_US
dc.subjectSouth Africaen_US
dc.subjectTransvaal (South Africa)en_US
dc.subjectHistoryen_US
dc.titleDie polisiediens in die Zuid-Afrikaansche Republiekafr
dc.typeThesisen_US
dc.description.thesistypeDoctoralen_US


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record