Show simple item record

dc.contributor.advisorBuys, P.J.
dc.contributor.authorJansen, Andre
dc.date.accessioned2015-12-10T10:47:53Z
dc.date.available2015-12-10T10:47:53Z
dc.date.issued2015
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/15602
dc.descriptionPhD (Missiology), North-West University, Potchefstroom Campus, 2015en_US
dc.description.abstractGedurende die afgelope 50 jaar het rolspelers in Sendingwetenskap binne die Evangeliese en Reformatoriese tradisie steeds meer oortuig geraak dat Skrifgetroue sendingwerk ’n integrasie moet behels van teologiese visie en suiwer toegepaste Woordverkondiging waarin die kern van die evangelie steeds sentraal bly. Hierby geld dade van liefde, die najaag van geregtigheid en verligting van armoede asook vermindering van lyding om die verkondiging van die evangelie van Jesus Christus prakties te maak. Deur God se genade was die Christelijke Gereformeerde Kerken in Nederland se sendingwerk in die KwaNdebele-omgewing in Suid-Afrika ’n belangrike instrument in die uitbreiding van God se koninkryk. Die huidige studie evalueer die integrasie van Woord en daad in hierdie kerke se sendingwerk binne die genoemde gebied in die lig van die missio Dei-motief. Hieruit kan belangrike insigte verwerf en ’n bydrae gelewer word tot Missiologie en Skrifgetroue sendingwerk in die Reformatoriese tradisie uit te bou. Die doel is om 'n model vir integrale sending binne ʼn missio Dei-perspektief daar te stel deur Bybelse beginsels en praktiese lesse te integreer. Hierdie studie voeg ‘n teoretiese en praktiese benadering saam om ‘n verantwoordbare en toepasbare model daar te stel. ʼn Bybels-eksegetiese begronding van integrale sending gebaseer op die missio Dei en 15 Bybelse sleutelbegrippe hieroor toon die onlosmaaklike eenheid van die motiewe hart, mond en hande. Dit bied ‘n verantwoorde basis vir integrale sending. Hierdie beginsels word getoets aan twee internasionale toepassingsvoorbeelde: die Miga Netwerk en die Lausanne-verklaring 2010, wat waardevolle insigte bied oor ʼn model vir integrale sending. Daarna word die gevolge en uitwerking van geïntegreerde Woord- en daadbediening in die CGKN se sendingwerk binne KwaNdebele ontleed. In die lig van literatuurstudies, ‘n argivale ondersoek en persoonlike onderhoude met sendelinge en kerkleiers in KwaNdebele volg waardevolle gevolgtrekkings in die lig van die missio Dei. Deur na beide die CGKN en die kerkleiers in KwaNdebele te luister, is ‘n balans gevind om ʼn operasionele denkraamwerk vir integrale sending op te stel. Verwante literatuur uit die teologie en wêreldwye sendinggebiede gee aan hierdie eksegetiese en empiriese studie verdieping. Die kern van die studie se bevindings is tweërlei: * Die CGKN het geïntegreerde sendingwerk in KwaNdebele verrig. Tog het ʼn onvolledige fundering van en visie op integrale sending in missio Dei-perspektief gelei tot ’n bediening wat ’n versnipperde beeld van integrale sending weergee. Hierdie leemtes hou waardevolle aanwysers in vir sending met hart, mond en hande. * Daar is wel voldoende teologiese, teoretiese en praktiese beginsels en hulpmiddels wat die ontwerp van ‘n bruikbare model vir geïntegreerde sending aanhelp. Só ʼn model kan meehelp om die lewensgehalte van die mense in KwaNdebele en ander wêrelddele tot eer van God te verhoog, terwyl dit steeds deeglik met die konteks en kultuur rekening hou. Die navorsing mond uiteindelik uit in ‘n operasionele denkraamwerk wat prinsipiële en praktiese besinning begelei vir integrale sending in KwaNdebele en diverse kulturele kontekste wêreldwyd.
dc.language.isootheren_US
dc.subjectMissiologieen_US
dc.subjectSendingwerken_US
dc.subjectMissio Deien_US
dc.subjectIntegrasieen_US
dc.subjectHolistiesen_US
dc.subjectWoord en daaden_US
dc.subjectKwaNdebeleen_US
dc.subjectKruiskultureelen_US
dc.subjectKontekstualiseringen_US
dc.subjectChristelijke Gereformeerde Kerken in Nederlanden_US
dc.title'n Holistiese perspektief op die missio Dei : 'n evaluering van die sendingwerk van die Christelijke Gereformeerde Kerken in KwaNdebele (RSA)afr
dc.typeThesisen_US
dc.description.thesistypeDoctoralen_US
dc.contributor.researchID11004835 - Buys, Phillipus Jacobus (Supervisor)


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record