Show simple item record

dc.contributor.advisorNieuwoudt, A.
dc.contributor.advisorBadenhorst, M.S.
dc.contributor.authorDrewes, Johannes Ernst
dc.date.accessioned2016-04-19T08:10:32Z
dc.date.available2016-04-19T08:10:32Z
dc.date.issued2000
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/16972
dc.descriptionPhD (Town and Regional Planning), Potchefstroom University for Christian Higher Education, 2001en_US
dc.description.abstractStreekontwikkelingsbeleid en differensiële verstedeliking is twee fundamentele temas binne die ruimtelike beplanningsveld. Streekontwikkelingsbeleid is veral sedert die Tweede Wêreldoorlog in Europa geïmplementeer, waar regerings besef het dat die vryemarksisteem nie noodwendig optimale ekonomiese groei op streekvlak verseker nie. Doelwitte Die primêre doelwit van hierdie studie is die integrering van effektiewe en volhoubare streekontwikkelingsbeleid met die konsep van differensiële verstedeliking, ten einde 'n effektiewe stedelike bestuursmeganisme daar te stel. Sekondêre doelwitte sluit in: * om die beginsels en doelwitte van streekontwikkelingsbeleid en streekontwikkelingsinstrumente te bepaal; * die analisering van Suid-Afrikaanse streekontwikkelingsbeleid in terme van bogenoemde klassifikasie; * ondersoek na die teoretiese en praktiese toepassings van die differensiële verstedelikingsmodel; * om die geldigheid van die differensiële verstedelikingsmodel te bepaal in die Gauteng Funksionele Metropolitaanse Streek; en * om relevante streekontwikkelingsbeleid te integreer met sosio-ekonomiese tendense in 'n stedelike sisteem, met spesifieke verwysing na die Gauteng Funksionele Metropolitaanse Streek. Metodiek Die rasionaal vir die formulering van streekontwikkelingsbeleid word in Hoofstuk Twee beskryf. Regerings en ander streekowerhede formuleer streekontwikkelingsbeleid ten einde spesifieke doelstellings te behaal. Hierdie doelstellings verander met tyd en is gewoonlik streekspesifiek. Die relevante owerheid of instansie neem 'n besluit in terme van bogenoemde fundamentele benaderingswyses, waarna 'n keuse ten opsigte van spesifieke beleidsopsies en -instrumente geneem word. Hoofstuk Drie beskryf laasgenoemde beleidsinstrumente asook meer gedetailleerde beleidselemente soos wat dit op projekvlak geïmplementeer word. In Hoofstuk Vier word die geskiedkundige implementering van streekontwikkelingsbeleid in Suid-Afrika en spesifiek vir die Gauteng- en omliggende streek, ondersoek. Die Gauteng Funksionele Metropolitaanse Streek het reeds 'n gevorderde vlak van stedelike ontwikkeling binne die Suid-Afrikaanse konteks bereik en was histories instrumenteel in die implementering van streekontwikkelingsbeleid. 'n Sentrale tema in hierdie studie, is die beginsel dat stedelike komplekse 'verouder' met tyd. Soos wat hierdie stedelike komplekse ontwikkel, kan verskillende migrasie- en ekonomiese produksiepatrone onderskei word in dieselfde areas, maar die patrone is georiënteer in verskillende rigtings en gebaseer op verskillende motiverings. Hierdie tendense word deur die differensiële verstedelikingsmodel in Hoofstuk Vyf aangespreek. Na die afskaffing van diskriminerende wetgewing, is die verwagting dat die bevolkingsgetalle van groter stedelike komplekse vir 'n aansienlike tydperk steeds sal toeneem. In Hoofstuk Ses word hierdie migrasieprosesse, asook veranderende produksiepatrone in die studiegebied ontleed, gebaseer op die resultate van die mees onlangse sosio-ekonomiese opnames. Bevindings Uit die studie blyk dit duidelik dat streekontwikkelingsbeleid steeds geïmplementeer word in reaksie op bepaalde ongelykhede in 'n streek. Laasgenoemde verwys gewoonlik na hoe vlakke van werkloosheid en kwynende ekonomiese sektore in sekere stede. Die voorstel in die studie is die vroegtydige formulering van streekontwikkelingsbeleid vir al die elemente binne die stedelike sisteem, gegewe die huidige ontwikkelingsvlak in terme van die differensiële verstedelikingsmodel. Hier volgens kan sentra met toenemende ekonomiese- en bevolkingsgroei vroegtydig geïdentifiseer en ontwikkeling bevorder word. Soortgelyk, kan plekke met kwynende ekonomieë en bevolkingsgetalle ondersteun word in die fase van stedelike groei. Die sosio-ekonomiese profiel van die studiegebied, naamlik die Gauteng Funksionele Metropolitaanse Streek, het in die studie bewys dat dit 'n identifiseerbare ontwikkelings- of 'verouderingsroete' gevolg het sedert die 1960s. Dit is ook duidelik in die studie dat die effektiwiteit van streekontwikkelingsbeleid en die volhoubaarheid daarvan gewoonlik omgekeer eweredig is aanmekaar: soos volhoubaarheid toeneem, neem ekonomiese effektiwiteit af. Die voorgestelde integrering van streekontwikkelingsbeleid en differensiële verstedeliking behoort hierdie negatiewe tendens ten opsigte van effektiwiteit en volhoubaarheid om te keer, ten einde toenemende volhoubaarheid en effektiwiteit te verseker in die stedelike ontwikkelingsproses.en_US
dc.language.isoenen_US
dc.publisherPotchefstroom University for Christian Higher Education
dc.subjectStreekontwikkelingsbeleiden_US
dc.subjectDifferensiële verstedelikingen_US
dc.subjectStedelike sisteemen_US
dc.subjectMigrasiepatroneen_US
dc.subjectGauteng metropolitaanse gebieden_US
dc.subjectRegional policyen_US
dc.subjectDifferential urbanisationen_US
dc.subjectUrban systemen_US
dc.subjectMigration patternsen_US
dc.subjectGauteng metropolitan areaen_US
dc.titleDifferential urbanisation and regional policy : the case of the Gauteng Functional Metropolitan Regionen
dc.typeThesisen_US
dc.description.thesistypeDoctoralen_US


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record