Show simple item record

dc.contributor.advisorMyburgh, P.H.
dc.contributor.authorLouw, Niko
dc.date.accessioned2009-01-29T06:45:08Z
dc.date.available2009-01-29T06:45:08Z
dc.date.issued2003
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/178
dc.descriptionThesis (LL.M. (Labour Law))--North-West University, Potchefstroom Campus, 2004.
dc.description.abstractDaar word daagliks probleme ondervind met oneerlikheid binne die werksplek. Werkgewers gebruik toenemend poligraaftoetse om vas te stel of werknemers oneerlik was rakende 'n spesifieke voorval of om voornemende werknemers te toets ten einde te bepaal of die persoon 'n eerlike geaardheid het al dan nie. Die doel van die skripsie is om 'n kritiese oorsig te gee van die wetenskaplike basis waarop poligraaftoetse gebaseer word, met spesifieke verwysing na die geldigheid, betroubaarheid en status van die toets. Die gebruik van poligraaftoetse binne die werksplek word geanaliseer met verwysing na relevante literatuur en wetgewing, waaronder die Grondwet asook tersaaklike hofuitsprake. Poligraaftoetse is ook bekend as die psigofisiologiese vasstelling van oneerlikheid. Psigofisiologie word gedefinieer as die studie van die verband tussen fisiologiese en psigologiese prosesse. Verskeie tegnieke bestaan, waarvan die belangrikste die sogenaamde Kontrolevraagtoets is. Hierdie toets meet die toetspersoon se verskillende fisiologiese reaksies op kontrole- en relevante vrae en het as uitgangspunt dat 'n persoon wat onskuldig is aan 'n sekere voorval groter fisiologiese reaksie sal toon op die kontrolevrae as op die relevante vrae, en omgekeerd. Die meeste poligraaftoetse het dit gemeen dat ten minste drie fisiologiese reaksies gemeet word, te wete polsslag, asemhaling en elektrodermiese reaksies. Daar is in wese twee denkrigtings rakende die akkuraatheid van poligraaftoetse, die wat betoog dat die toetse akkuraat is en gebruik kan word ten einde vas te stel of 'n persoon oneerlik is en die wat betoog dat dit onakkuraat is en nie gebruik behoort te word nie. Uit 'n studie van die relevante literatuur rakende die geldigheid en betroubaarheid van die poligraaftoetse blyk dit dat verskeie faktore 'n negatiewe invloed daarop het en dat die toets nie toets wat dit voorgee om te toets nie. Daar is ook bevind dat poligraaftoetse nie voldoen aan die vereistes wat deur huidige wetgewing gestel word nie. Die gebruik van poligraaftoetse maak moontlik inbreuk op individue se grondwetlike regte, soos privaatheid en billike arbeidspraktyke. Probleme rakende die bewysregtelike toelaatbaarheid van poligraaftoetse bestaan. Daar word aanbeveel dat die gebruik van poligraaftoetse binne die werkplek nie toegelaat behoort te word tensy dit wetenskaplik behoorlik gefundeer is nie en dat daar aandag gegee behoort te word aan beter regulasie rakende die gebruik van die toetse.
dc.publisherNorth-West University
dc.subjectPoligraaf
dc.subjectPsigofisiologiese vasstelling van oneerlikheid
dc.subjectGeldigheid
dc.subjectBetroubaarheid
dc.subjectGrondwet
dc.subjectReg op privaatheid
dc.subjectToelaatbaarheid
dc.subjectOnbillike arbeidspraktyke
dc.titleThe use of polygraphs in employment lawen
dc.typeThesisen
dc.description.thesistypeMasters


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record