dc.contributor.author | Van Coller, Hendrik | |
dc.date.accessioned | 2017-05-15T08:59:11Z | |
dc.date.available | 2017-05-15T08:59:11Z | |
dc.date.issued | 2016 | |
dc.identifier.citation | Van Coller, H.P. 2016. T.T. Cloete as literêre kritikus, teoretikus en literatuurhistorikus (Deel 1): Rubrieke, bloemlesings en literêre kritiek. Literator, 37(1):1-9. [http://dx.doi.org/10.4102/lit.v37i1.1263] | |
dc.identifier.issn | 0258-2279 | |
dc.identifier.issn | 2219-8237 (Online) | |
dc.identifier.uri | http://hdl.handle.net/10394/23565 | |
dc.identifier.uri | http://dx.doi.org/10.4102/lit.v37i1.1263 | |
dc.description | Enter any additional information or requests for the Library here. | |
dc.description.abstract | In die eerste gedeelte van hierdie artikel in twee dele word gefokus op die narratiewe
benadering in die wetenskap. Narratiewe navorsing is selde verklarend, maar eerder
beskrywend en het ’n sogenaamde emansiperende inslag deurdat dit fokus op vergete of
gemarginaliseerde verhale. Volgens Hyvärinen (2006:2011) was daar nie net sprake van een
nie, maar vier ‘narrative turns’ sedert 1960: in die narratologie, historiografie, die metodologie
en die sosiale wetenskappe. Hierdie benadering staan voorop in die onderhawige artikel deur
die persoonlike aanpak, die gebruik van ’n gevallestudie en deur die fokus op ’n vergete of
gemarginaliseeerde aspek van die oeuvre van T.T. Cloete. Die bekende literatuurwetenskaplike
en digter T.T. Cloete het volgens Siegfried Schmidt (1992) se definisie al vier rolle wat hy
onderskei binne die literêre sisteem (dié van literêre produksie, verspreiding, resepsie en
literêre verwerking) vertolk. In hierdie eerste gedeelte van die artikel word veral gekyk na
Cloete se rol as rubriekskrywer, bloemleser, skeppende skrywer en literêre kritikus. | |
dc.language.iso | other | |
dc.language.iso | other | |
dc.publisher | AOSIS | |
dc.title | T.T. Cloete as literêre kritikus, teoretikus en literatuurhistorikus (Deel 1): Rubrieke, bloemlesings en literêre kritiek | |
dc.type | Article | |
dc.contributor.researchID | 11718463 - Van Coller, Hendrik Petrus | |