Show simple item record

dc.contributor.authorStrauss, Danie F.M.
dc.date.accessioned2018-07-04T09:12:04Z
dc.date.available2018-07-04T09:12:04Z
dc.date.issued2017
dc.identifier.citationStrauss, D.F.M. 2017. Kontinuïteit en diskontinuïteit in die fisika en biologie. South African Journal for Science And Technology = Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie, 36(1):1-9. [https://doi.org/10.4102/satnt.v36i1.1438]
dc.identifier.issn0254-3486
dc.identifier.issn2222-4173 (Online)
dc.identifier.urihttps://doi.org/10.4102/satnt.v36i1.1438
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/28262
dc.description.abstractHoewel die mening van die klassieke fisici was dat die natuur geen spronge maak nie - dit is kontinu en oneindig verder verdeelbaar - sou die 20ste-eeuse fisici spoedig besef dat daar ondeelbare elementêre deeltjies (kwanta) bestaan en dat die fisiese ruimte nie kontinu en derhalwe ook nie oneindig verder verdeelbaar is nie. Hierdie toedrag van sake word verder belig deur die dualiteit van golf en deeltjies. Selfs vir Einstein was die kontinuïteit van die mikrostruktuur van 'space-time' nog 'n ope vraag. Daarom kan die siening dat fisiese verskynsels letterlik kontinu is, bevraagteken word. Dit is daarom treffend dat die geskiedenis van die nadenke oor die aard van materie sowel tot 'n 'atomisitese' as 'n 'kontinuïteitsopvatting' gelei het. Getrou aan die moderne nominalisme aanvaar die (neo-) Darwinisme geen universaliteit buite die menslike gees nie. Plante en diere word bloot met behulp van willekeurige name in 'n kontinuum geplaas. Hierdie kontinuïteitspostulaat - bekend as 'gradualisme' - is egter van meet af gekonfronteer deur die dominante stasispatroon van die paleontologiese rekord: 'n tipe verskyn abrup, bly vir miljoene jare konstant en verdwyn dan ewe abrup. Gevolglik kan die vermeende 'imperfection' van die paleontologiese rekord bevraagteken word. Prominente biologiese denkers worstel met die probleem van kontinuïteit en diskontinuïteit. Een van hierdie outeurs stel dat die verhale met dieselfde grondleggende valstrik begin en dan voortgaan op 'n soortgelyke foutiewe wyse. Daar word begin met die gevaarlikste mentale valstrik, die verborge aanname wat as vanselfsprekend aanvaar word, indien dit hoegenaamd erken word, naamlik 'n basiese definisie van evolusie as kontinue vloei.
dc.language.isoother
dc.publisherAOSIS
dc.titleKontinuïteit en diskontinuïteit in die fisika en biologie
dc.typeArticle
dc.contributor.researchID12040568 - Strauss, Daniel Francois Malherbe


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record