Show simple item record

dc.contributor.advisorKotzé, H.
dc.contributor.advisorOlivier, J.A.K.
dc.contributor.authorSmit, V.
dc.date.accessioned2018-08-29T13:49:42Z
dc.date.available2018-08-29T13:49:42Z
dc.date.issued2018
dc.identifier.urihttps://orcid.org/0000-0002-5590-3421
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/30836
dc.descriptionMA (Applied Linguistics), North-West University, Potchefstroom Campusen_US
dc.description.abstractDie Noordwes-Universiteit het 'n taalbeleid wat poog om "buigsaam en funksioneel te wees, die taalwanbalans van die verlede aan te spreek, en om meertaligheid, toegang, integrasie en 'n gevoel van tuiswees te bevorder" (Verhoef & Venter, 2008:282). Om hierdie beleid te ondersteun is 'n opvoedkundige tolkdiens in 2004 geloods (Blaauw, 2008a:301) wat teen 2017 verantwoordelik was vir die tolking van naastenby 1 300 periodes per week. Hierdie eksponensiële groei het gelei tot 'n groot aanvraag aan opgeleide tolke (Blaauw, 2008a:301). As gevolg van 'n tekort aan ervare, opgeleide tolke werf die NWU-tolkdiens aspiranttolke vanuit 'n wye verskeidenheid agtergronde. Hierdie aspiranttolke ondergaan 'n kort opleidingskursus en ontvang indiensopleiding. Daar is egter gevind dat tydsbeperkings verhoed dat aspiranttolke voldoende opgelei kan word om die uitdagings van opvoedkundige tolking die hoof te kan bied. Ten einde hierdie probleem op te los, is daar onderneem om ondersoek in te stel na die ontwikkeling van 'n opleidingsmodel wat gebruik maak van rekenaarondersteunde opleiding om sodoende voorstelle te kan maak vir die ontwikkeling van rekenaarondersteunde opleiding vir opvoedkundige tolke. Hierdie studie poog om ondersoek in te stel na die ontwikkeling van rekenaarondersteunde opleiding vir opvoedkundige tolke om ten einde voorstelle te kan maak vir die daarstelling van 'n rekenaarondersteunde opleidingsprogram vir die NWU-tolkdiens. Hierdie doel word bereik deur ondersoek in te stel na die gebruik van rekenaarondersteunde tolkopleiding elders in die wêreld, die ontwikkeling van rekenaarondersteunde opleiding en hoe dit kan bydra tot die opleiding van tolke wat daartoe in staat is om die uitdagings van opvoedkundige tolking die hoof kan bied. Deur die gebruik van empiriese navorsing poog hierdie studie ook om te bepaal wat opvoedkundige tolke se opleidingsbehoeftes is en om gevolglik voorstelle te maak vir die ontwikkeling van rekenaarondersteunde opleiding wat daardie behoeftes kan aanspreek. Hierdie studie sluit af met voorstelle vir die ontwikkeling van rekenaarondersteunde tolkopleiding sowel as met voorstelle vir verdere studies.en_US
dc.language.isootheren_US
dc.publisherNorth-West Universityen_US
dc.subjectOpvoedkundige tolkingen_US
dc.subjectrekenaarondersteunde opleidingen_US
dc.subjecttolking, tolkopleidingen_US
dc.title'n Ondersoek na die ontwikkeling van rekenaarondersteunde opleiding vir opvoedkundige tolkeen_US
dc.typeThesisen_US
dc.description.thesistypeMastersen_US
dc.contributor.researchID13293648 - Kotzé, Herculene (Supervisor)
dc.contributor.researchID11752378 - Olivier, Jacobus Alwyn Kruger (Supervisor)


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record