Abstract:
Hierdie artikel handel oor die debatte en strydvrae tussen en binne reformatoriese kringe oor die aard en die rol van teologie en filosofie. Die perspektief is beide histories en sistematies. Tekortkominge, oordrywings en weersprekinge wat hierdie debat telkens laat ontvlam, word uitgewys, tesame met denkpatrone wat meer skolasties as reformatories is. Die artikel sluit af met 'n oproep dat die verlede agtergelaat word, asook vir interdissiplinêre samewerking ter wille van Christelike wetenskap.