| dc.description.abstract |
Die ge- premorfeem het nie net in Afrikaans 'n besonder hoe gebruiksfrekwensie nie maar ook in die ouer Germaanse tale, waarvan Goties en Angel-Saksies goeie voorbeelde is. Hierdie premorfeem het veral in die funksielingemaat en die saaklingemaat veelvuldig voorgekom.
Dit word algemeen aanvaar dat die ga-, gi -, ge- premorfeem oorspronklik ‘n outonome lingemaat met die logaliteit "saam met" was, dus eintlik gesamentlikheid uitgedruk het. Hierdie lingemaat is mettertyd as 'ʼn versterkingsmorfeem gebruik, of, soos baie duidelik in die Afrikaanse saaklingemaat bewaar, as ‘n spesifieke
morfeem ter uitdrukking van gesamentlikheid of kollektiwiteit, net soos nog in die Gotiese gajuk, gamains,
gaquprbs, garuni, garuns, gasinbja ens. gesien kan word.
In Afrikaans is soortgelyke voorbeelde nog talryk, byvoorbeeld gebak, gebeente, gebergte, geboefte, geboomte, gebraad, gebroeders, gebroedsel, gespuis, gevleuelte, gewas - dus 'n gesamentlikheid of 'n versameling beendere, berge ens.
Die ge- premorfeem kom ook in ander lingemaatsoorte voor, soos byvoorbeeld in die Gotiese persoonsname
soos: gaarbja, gabaurgja, gadaila, gahlaiba, galaistja, galeika, garazna, asook in die Afrikaanse hoedanigheidslingemate: gegoed, genoeg, gereed, gesog, getrou en andere. Omdat die ge- in genoemde en ander tale so 'n
hoe gebruiksfrekwensie het, veronderstel mens dat dit
'n besondere funksie moet vervul, en aangesien hierdie
funksie of funksies so dikwels as aspekties en/of aktionsartig verklaar i s, met of sonder onderskeid tussen
hierdie twee terme, sal hierdie ondersoek probeer om 'n
mate van helderheid in hierdie verband te bring. Die
saaklingematiese en die hoedanigheidslingematiese ge- premorfeme word dus buite rekening gelaat.
Ter wille van die duidelikheid is dit dus noodsaaklik dat 'n kernagtige onderskeiding tussen aspek en
aktionsart hierdie studie sal voorafgaan. Dit is ook
nodig om sekere terme wat in die loop van die ondersock
gebruik is, vooraf kortliks uiteen te sit. |
|