Die natuurlike estrogeenaktiwiteit in voedsel en die residuele aktiwiteit in weefsels van stilboëstrol-behandelde beeste
Abstract
'n Biologiese bepalingsmetode waar gebruik gemaak word
van die toename in uterusgewig van geovariotomeerde muise is gebruilr om die estrogeenaktiwiteit van verskeie dier- en plantweefsels te bereken in terme van
die aktiwiteit van stilboestrol,
Etanol-ekstrakte wat van die weefselmonsters berei is, is met die voer van proefmuise gemeng en oor 'n tydperk van 4 dae aan hulo toegedien. 'n Standaard-dosisreaksiekromme is opgestel en daar is gevind dat die laagste dosis wat nog betekenisvolle toename van die uterusgewig veroorsaak het, 0.004 ugm. stilboestrol per gram muisvoer is.
Faktore wat die resultate kan oervloed, is eksperimenteel ondersoek.
Daar is gevind dat toevoeging van foliensuur in die voer van die muise nie die dosisreaksie van die uterus oernvloed het nie.