Show simple item record

dc.contributor.advisorMyburgh, P.H.
dc.contributor.authorVergeer, Anell
dc.date.accessioned2011-03-28T12:17:41Z
dc.date.available2011-03-28T12:17:41Z
dc.date.issued2008
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/4022
dc.descriptionThesis (LL.M. (Labour Law))--North-West University, Potchefstroom Campus, 2009.
dc.description.abstractDie Wet op Arbeidsverhoudinge het ten doel om die grondwetlike reg van billike arbeidspraktyke 'n werklikheid te maak. In hierdie veld is daar 'n aantal tribunale gestig om die billikheid van aksies vas te stel. Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie is gestig na aanleiding van artikel 112 van die WA V. Die KVBA is n onafhanklike statutêre liggaam met regspersoonlikheid. Werknemers kan hulle na die KVBA wend indien hulle voel dat hulle blootgestel was aan 'n onbillike arbeidspraktyk of onbillik afgedank is. In die geval van afdanking spesifiek kan die KVBA die algemene reg van die werkgewer inperk om die gepaste sanksie vir 'n oortreding te bepaal. Om te bepaal wanneer hierdie reg van die werkgewer ingeperk kan word, het die Engelse reg die beginsel van 'n "redelike werkgewer" gebruik. Hierdie maatstaf het daarop berus dat 'n sanksie omgekeer kan word indien 'n "redelike werkgewer" nie so 'n sanksie sou toegepas het nie. Daar is egter in die onlangse uitspraak van Sidumo v Rustenburg Platinum Mines bevind dat die wysiging van sanksies 'n meer objektiewe maatstaf benodig, aangesien die "redelike werkgewer"- maatstaf net afhang van die mening van die werkgewer en die uitspraak die gevaar loop om arbitrêr te raak. Die hof het tydens die uitspraak n nuwe maatstaf ontwikkel waarvolgens die ontslag onafhanklik beskou moet word om die billikheid daarvan te bepaal. In Sidumo het die hof dus die maatstaf ontwikkel wat 'n "billike ontslag" sou daarstel teenoor die "redelike werkgewer". Die vraag ontstaan dus of een van hierdie maatstawwe terselfdertyd die werknemer kan beskerm sonder om oormatig met die werkgewer se reg in te meng. Om hierdie vraag te beantwoord sal daar eers gekyk word na die regte van die werknemer in terme van artikel 185 van die W AV en die impak wat die gemenereg steeds op die diensverhouding het. Die werkgewer en werknemer se teenstrydige regte sal dan opgeweeg word met billikheid wat as riglyn gebruik sal word. Die twee maatstawwe wat die howe in regspraak toepas, sal dan bestudeer word om te bepaal of die toekenning van die kommissaris albei se teenstellende regte beskerm. Op grond hiervan sal 'n afleiding gemaak kan word oor die effektiwiteit van die onderskeie maatstawwe. Aanbevelings sal gemaak word oor watter maatstaf in die Suid-Afrikaanse reg toegepas behoort te word.
dc.publisherNorth-West University
dc.titleWysiging van ontslagsanksies deur die KVBAafr
dc.typeThesisen
dc.description.thesistypeMasters


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record