Show simple item record

dc.contributor.advisorKloppers, Henk
dc.contributor.authorHarris, Aletta Magdalenaen_US
dc.date.accessioned2011-10-03T07:50:04Z
dc.date.available2011-10-03T07:50:04Z
dc.date.issued2011en_US
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/4837
dc.descriptionThesis (LL.M. (Estate Law))--North-West University, Potchefstroom Campus, 2011.
dc.description.abstractHierdie navorsing ondersoek die gebruik van ‘n uittree annuiteit as ‘n boedelbeplanninginstrument. Die boedelbeplanningstrategie word in die vorm van 'n gevallestudie bespreek waar die trust inter vivos in ooreenstemming met 'n uittree annuiteit vergelyk word. Die vraag wat beantwoord moet word is of ‘n uittree annuiteit as ‘n alternatief gebruik kan word om groei in ‘n persoonlike boedel te beperk vir boedelbelasting doeleindes. In konvensionele boedelbeplanning rig die oprigter 'n trust inter vivos op waarna bates aan die trust verkoop word om die bate uit die boedel te verwyder en sodoende verdere groei in sy persoonlike boedel te beperk. Die enigste oorblywende bate in die boedel is die rentevrye lening welke steeds 'n bate is vir boedelbelastingdoeleindes. Trusts inter vivos het ook in die afgelope tyd in egskeidingsgedinge en in sake waar die Suid–Afrikaanse Inkomstediens betrokke is baie aandag geniet vanweë die misbruik en wanadministrasie van trusts. In die verlede is uittree annuiteite hoofsaaklik gebruik as deel van ‘n kliënt se finansiële beplanning vir besparing van inkomstebelasting en om die kliënt se aftreefondse aan te vul. Die wetgewer het in die laaste twee jaar aansienlike veranderings aangebring aan die Wet op Egskeidings 70 van 1979, die Wet op Pensioenfondse 24 van 1956, Inkomstebelastingwet 58 van 1962 asook die Boedelbelastingwet 45 van 1955, wat die wyse waarop boedelbeplanners na uittree annuiteite kyk heelwat verander het. Die navorsing ondersoek die administrasie, kostes, die impak wat egskeiding, insolvensie en valuta beheer op beide inter vivos trusts en uittree annuiteite het, asook die belastingimplikasies is op beide van hierdie instrumente. Die slotsom is dat die uittree annuiteit wel met groot sukses as ‘n boedelbeplanningsinstrument gebruik kan word aangesien dit tot ‘n besparing in eksekuteursfooie, boedelbelasting en kapitaalwinsbelasting lei. Dit is egter ‘n instrument wat nie vir elke persoon wat ‘n boedelbelasting probleem het voorgestel kan word nie.en_US
dc.publisherNorth-West University
dc.titleThe use of retirement annuities as an estate planning toolen
dc.typeThesisen_US
dc.description.thesistypeMastersen_US


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record