mirage

Yesterday & today = Gister & vandag: 1984 No 8

Boloka/Manakin Repository

Yesterday & today = Gister & vandag: 1984 No 8

 

Contents

No. 8, September 1984

Articles


Book reviews

Editorial

Die nuwe kernsillabus in Geskiedenis is met gemengde gevoelens ontvang. As 'n kreatiewe kurrikuleringspoging te midde van 'n veranderende Suid-Afrika het die dokument baie leemtes, maar die koeël is deur die kerk: en vemuwingspogings lê gevolglik grootliks in die handevandie handboekskrywer en die opsteller van eksamenvraestelle. Dit is helaas 'n feit dat die gewone onderwyser die handboek redelik slaafs volg en ook soms verbeeldingloos aanwend. (Die eksamen is 'n probleem van sy eie wat hier links gelaat word).

Huidiglik is daar 'n groot aantal persone in alle provinsies betrokke by die skryf van handboeke. Ongelukkig is hierdie praktyk in baie gevalle onderhewig aan aanvegbare gebruike. Sonder om te beweer dat van hierdie probleme slegs vir 'n spesifieke departement geld, wil ons tog enkele knelpunte uitlig wat nie bevorderlik is vir die ontplooiing van gesonde kompeterende mededinging op die handboekmark nie.

Die kernsillabus is soms inkonsekwent ten aansien van sy opskrif teen onderafdelings. So word daar in die standerd 9 sillabus gepraat van: "Omstandighede en gebeure sedert 1871 wat tot die Eerste wêreldoorlog gelei het". Onder hierdie tema word dan ook 'n subtema ingevoeg: "Die ineenstorting van die ou ryke as.gevolg van die oorlog". Kennelik word oorsaak en gevolg hier deurmekaar gevleg en bemoeilik dit die skryf van 'n logiese en konsekwente handboek. Daar is nog 'n hele paar voorbeelde van hierdie aard.

Tweedens wil dit ook skyn of die kompetisie tussen uitgewers, wat weliswaar 'n gesonde beginsel is, in praktyk tot minder gesonde wedywering aanleiding gee. In baie gevalle word daar baie hard gepoog om invloedryke amptenare van departemente by die skryf van handboeke te betrek. Hierdie praktyk vind redelik algemeen plaas. Die vraag is of dit 'n gesonde gebruik is. Is die betrokkenheid van byvoorbeeld 'n inspekteur of eksaminator nie dalk 'n subjektiewe faktor wat 'n invloed op die oordeel van 'n ambisieuse onderwyser se beoordeling van 'n potensiële handboek het nie? Daar kan natuurlik betoog word dat hierdie persone se boeke, beoordelaars onder geen verpligting plaas nie. Teoreties is dit waar, maar nie altyd in praktyk nie. Ons meen dat daar deur onderwysdepartemente met vrug herbesin kan word oor die betrokkenheid van amptenare by die skryf van handboeke.

'n Verdere saak wat uiters onbevredigend is, is die wyse van evaluering vanmanuskripte. Hoewel daar ookhier sekere verskille tussen departemente bestaan, is dit gewoonlik so dat manuskripte aan onafhanklike beoordelaars gestuur word. Ongelukkig het dit ook al gebeur (gelukkig dra ek nie kennis van gevalle in geskiedenis nie) dat persone wat as evalueerders optree, belange by sodanige publikasiehet. Afgesien hiervan is dit ook 'n probleem dat meeste persone wat op die voorpunt van ontwikkeling in hul vak staan by die skryf van handboeke betrokke is. Die evalueerders is in baie gevalle gevolglik persone wat nie op hoogte van byvoorbeeld nuwe ontwikkelinge indie vak is nie. Vernuwing in die aanbieding en strukturering van diehandboek veg dus heel dikwels 'n verlore stryd teen konvensionele praktyke.

Die kompetisie tussen uitgewers en skrywers lei ook dikwels tot 'n versnippering van die potensiaal van die paar skrywers wat werklik 'n bydraekan lewer om die vak te dien. Hopelik sal die implementering van die De Langeverslag se aanbeveling oor 'n sentrale kurrukuleringsliggaam help om die duplisering en die versnippering van die beperkte skrywerspotensiaalte ondervang in belang van die vak Geskiedenis.

M. H. Trümpelmann

Recent Submissions

Search the NWU Repository


Advanced Search

Browse

My Account

Statistics

RSS Feeds