Die betekenis van 'n streeksargief vir die Vaaldriehoek.
Abstract
• Opsomming:
Die Vaaldriehoek met Sasolburg, Vanderbijlpark en Vereeniging as hoofsentra is reeds bestempel as die Ruhrgebied van die Suid-Afrikaanse industriële streke. As gevolg van die streek se relatiewe afgesonderdheid van die Sentrale Argiefbewaarplek in Pretoria het die Stadsraad van Vanderbijlpark, in samewerking met die Vaalriviertak van die PU vir CHO, gesamentlik tot die ontwikkeling van ʼn plaaslike argiefbewaarplek oorgegaan. Dit is belangrik dat daar veral aandag geskenk word aan die bewaring van dokumente wat op die totaliteit van die menslike bestaan betrekking het. lndustrie is die uitstaande kenmerk van die gebied en dit is derhalwe nodig om inligting van ʼn sosio-ekonomiese aard in te samel wat interdissiplinêre navorsing moontlik sal maak. Samewerking tussen individue en instellings is belangrik alvorens die argiefbewaarplek ʼn geslaagde onderneming kan wees. • Summary:
The Vaal Triangle comprising Sasolburg, Vanderbijlpark, and Vereeniging has been labelled the Ruhr area or hub of South African industry. Because of the area's relative isolation from the Central State Archives in Pretoria the Town Council of Vanderbijlpark, in conjunction with the University of Potchefstroom's Vaal River branch, has taken the initiative in establishing local archives. Care will be taken to conserve and store documents relating to the whole range of human activities in the Triangle. However, since industry is the central feature of the area, emphasis will be placed on collecting documents of a socio-economic nature. Among other things this will benefit inter-disciplinary research. The co-operation of individuals and institutions is essential if the archives are to be a success.