"Aan de Grobbelaarsrivier" - 'n greep uit die vestigingsgeskiedenis van Oudtshoorn tot 1848.
Abstract
• Opsomming:
Ten spyte van die hoë mobiliteit van die trekboer het 'n groepie
boere tog teen die einde van die agtiende eeu in die huidige
distrik Oudtshoorn gevestig geraak. Hieruit het 'n akkerboubedryf
gespruit wat groter stabiliteit asook 'n toenemende bevolking in die
hand gewerk het. Die tradisionele bestaansekonomie is deur die ontwikkelende
togryery tussen die distrik Oudtshoorn en die oostelike
en noordelike grensdistrikte in 'n markekonomie omgeskep. Veral
sedert die stigting van die landdrosdistrik George in 1811 en 'n gemeente
van die Ned. Geref. Kerk op George in 1812 het die behoefte
aan plaaslike administratiewe en kerklike gesagstrukture toegeneem.
Die eerste betekenisvolle stap in hierdie opsig was die oprigting
van die eerste kerkgebou op die plaas Hartebeesrivier langs die
Grobbelaarsrivier gedurende 1838. Dit het uiteindelik die middelpuntsoekende
krag geword wat tot die stigting van die dorp Oudtshoorn
op Hartebeesrivier aan die einde van 1847 gelei het. • Summary:
Although the trek farmers were always on the move, a number
of them were permanently settled in the present Oudtshoorn
district by the end of the eighteenth century, the agricultural industry
they founded promoting greater stability and a growing population.
The traditional subsistence economy was converted into a
market economy through the transport riding that sprang up between
the Oudtshoorn district and the eastern and northern boundary
districts. From 1811, when the magisterial district of George
was established, and 1812 when a congregation of the Dutch
Reformed Church took root there, the need for local administration
and church authority increased. The first significant development in
that direction was the erection in 1838 of the first church on Hartebeesrivier,
a farm on the Grobbelaars River. This eventually became
the centripetal force which led at the end of 1847 to the
establishment of the town of Oudtshoorn on the farm Hartebeesrivier.