Contents

No. 12, July 1982

Articles


Book reviews

Editorial

The depopulation of towns in the countryside is generally accepted as she inevitable and irreversible result of the industrial revolution of the 19th, and the technological advance of the 20th, century Towns were established originally to bring specific services within easy reach of the population of a surrounding area, and at a time when man was dependent on animals for his transport it was essential to establish them at reasonable distances. With the invention of railway and motor transport it was possible to travel faster over longer distances, and small towns rendering a service inferior to that of the larger centres were passed by, lost their original service functions, and became predominantly residential.

In the process many economically active people moved to the cities where job opportunities were greater and social conditions better. Eventually the modern city, however, did not prove the utopia it was thought to be. As cities became over-populated, the man in the street began personally to suffer from over-crowding. To mention a few examples: too many people for too little accommodation resulted in excessive prices; over-concentration of vehicles and jammed urban traffic arteries meant unrealistic travelling time between work and home. Increasingly people want to escape from the artificial existence of the cities.

It is ironic that modern technology is making it possible both to decentralise and to renew towns in the countryside. The latest communication techniques render it feasible for business enterprises to remain in the economic main stream without head offices in the main centres. As this tendency grows, country communities dynamic enough to provide an infra-structure for the type of society they wish to create will benefit most.

Redaksioneel

Die ontvolking van plattelandse dorpe word algemeen aanvaar as die onvermydelike en onomkeerbare gevolg van die nywerheidsomwenteling van die negentiende en die tegnologiese vooruitgang van die twintigste eeu. Oorspronklik is dorpe aangelê om sekere dienste binne maklike bereik van die bevolking van die omringende gebied te plaas. Toe die mens nog van die dier vir sy vervoer afhanklik was, was dit nodig om hierdie dorpe nader aan mekaar te hê. Die koms van die trein en die motor het dit egter moontlik gemaak om vinniger oor langer afstande te reis, met die gevolg dat kleiner dorpe wat 'n swakker diens as die groot sentra gelewer het, verwaarloos is, hulle oorspronklike diensfunksie verloor het en oorwegend woondorpe geword het.

In die proses het baie ekonomies aktiewe mense na die stede verhuis waar werkgeleenthede groter en maatskaplike omstandighede beter was. Die moderne stad het egter hoe later hoe meer geblyk nie die utopie te wees waarvoor dit aangesien is nie. Soos stede oorbevolk raak, voel die gewone man die gevolge van die konsentrasie van mense elke dag aan sy lyf. Daar is te veel mense vir te min akkommodasie wat aanleiding gee tot buitensporige pryse. Oorkonsentrasie van voertuie en verstopte verkeersweë veroorsaak dat die reistyd tussen werk en huis ondraaglik uitgerek word. In toenemende mate word ontvlugting van die kunsmatige stadsbestaan gesoek.

Ironies genoeg is dit juis die moderne tegnologie wat dit moontlik maak om te desentraliseer en die plattelandse dorpe weer te vernuwe. Met die jongste kommunikasietegnieke is dit vir ondernemings moontlik om in die ekonomiese hoofstroom te bly sonder om noodwendig in die hoofsentra gevestig te wees. Soos hierdie tendens toeneem, sal die voordeel daaraan verbonde deur daardie plattelandse gemeenskappe behaal word wat dinamies genoeg is om tydig die infrastruktuur te skep wat nodig is vir die soort samelewing wat hulle tot stand wil bring.

Recent Submissions

  • Carter, G.A. 1973. J.L. Hobbs's local history and the library. [Book review] 

    Tempelhoff, Johann W N (Afdeling Streekgeskiedenis van die lnstituut vir Geskiedenisnavorsing, RGN / Section for Regional History, Institute for Historical Research, HSRC, 1982)
  • Nienaber, P.J. & Le Roux, C.J.P. 1982. Vrystaat-fokus. [Boek resensie] 

    Eloff, C C (Afdeling Streekgeskiedenis van die lnstituut vir Geskiedenisnavorsing, RGN / Section for Regional History, Institute for Historical Research, HSRC, 1982)
  • Fransen, H. & Cook, M.A. 1980. The old buildings of the Cape. [Book review] 

    Oberholster, A G (Afdeling Streekgeskiedenis van die lnstituut vir Geskiedenisnavorsing, RGN / Section for Regional History, Institute for Historical Research, HSRC, 1982)
  • Municipal hawking: Johannesburg's mobile markets, 1944 - 1952. 

    Pirie, G H; Rogerson, C M (Afdeling Streekgeskiedenis van die lnstituut vir Geskiedenisnavorsing, RGN / Section for Regional History, Institute for Historical Research, HSRC, 1982)
    • Opsomming: In die tydperk 1944 - 1952 het die mobiele markte van Johannesburg hul beslag gekry en weer tot niet gegaan. Die munisipaliteit se proefneming om voedsel op straat te verkoop, was 'n poging om die hoë ...
  • Raakpunte tussen streekgeskiedenis en pleknaamkunde. 

    Oberholster, A G (Afdeling Streekgeskiedenis van die lnstituut vir Geskiedenisnavorsing, RGN / Section for Regional History, Institute for Historical Research, HSRC, 1982)
    • Opsomming: Omdat taal een van die belangrikste kultuuroorblyfsels van vergange mensegemeenskappe is, behoort historici dit as 'n waardevolle en veelsydige bron van inligting omtrent die verlede te ag. Hierdie opvatting ...
  • Die klein dorp in verval. 

    Van der Merwe, I.J. (Afdeling Streekgeskiedenis van die lnstituut vir Geskiedenisnavorsing, RGN / Section for Regional History, Institute for Historical Research, HSRC, 1982)
    • Opsomming: Die verval van die klein dorp het reeds krisisafmetings aangeneem op die Suid-Afrikaanse platteland. Dit word weerspieël in die afname van veral Blanke-bevolkingsgetalle en dit benadeel die interne struktuur ...
  • The fort England chapel. 

    Sampson, Sally (Afdeling Streekgeskiedenis van die lnstituut vir Geskiedenisnavorsing, RGN / Section for Regional History, Institute for Historical Research, HSRC, 1982)
    • Opsomming: Die verhaal van evangeliebediening by Fort England is ouer as die kerkie self. Eerw. William Shaw het die eerste godsdiensoefeninge gehou in die nuwe leërbarakke wat deur die Hottentot Cape Corps beman is. ...
  • Die bou van die Suidwestelyn, 1895 - 1897, en die Nzasm-stasiegeboue op Krugersdorp en Klerksdorp. 

    Zietsman, C F van R (Afdeling Streekgeskiedenis van die lnstituut vir Geskiedenisnavorsing, RGN / Section for Regional History, Institute for Historical Research, HSRC, 1982)
    • Opsomming: Die Nederlandsch Zuid-Afrikaansche Spoorweg-Maatschappij (NZASM) is in 1887 gestig met die uitsluitlike doel om die Zuid-Afrikaansche Republiek per spoor met Delagoabaai te verbind. Weens verskeie probleme ...