mirage

Die nalatenskap van ‘n besondere driemanskap.

Boloka/Manakin Repository

Show simple item record

dc.contributor.author Kapp, P
dc.date.accessioned 2012-01-19T13:11:03Z
dc.date.available 2012-01-19T13:11:03Z
dc.date.issued 2011
dc.identifier.citation Kapp, P. 2011. Die nalatenskap van ‘n besondere driemanskap. TD: The Journal for Transdisciplinary Research in Southern Africa, 7(2):159-166, Dec. [http://dspace.nwu.ac.za/handle/10394/3605] en_US
dc.identifier.issn 1817-4434
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/10394/5265
dc.description.abstract Marie Koopmans-de Wet, FS Malan en Frans Engelenburg het na 1895 ’n besondere driemanskap ontwikkel wat na Marie Koopmans-de Wet se dood op 2 Augustus 1906 tussen die ander twee bly voortbestaan het tot met Engelenburg se dood op 21 Augustus 1938. As bevestiging hiervan dien die artikel wat FS Malan nog in 1937 in Die Huisgenoot oor Marie Koopmans-de Wet geskryf het.2 Die drie se besondere nalatenskap leef vandag voort in die pragtige Kaapse herehuis in Strandstraat 35 na haar vernoem. Studies is aan aspekte van al drie van hulle se lewens gewy maar die besondere vriendskap en verhouding tussen hulle blyk nou eers uit die Engelenburg-dokumente in die argief van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Die nuutste studie is prof. FA Mouton se biografie van FS Malan. Malan self het in 1924 in Nederlands ’n huldigingsbiografie oor Marie Koopmans-De Wet geskryf. In werklikheid is die manuskrip gebaseer op die versameling dokumente van Marie Koopmans-De Wet wat Engelenburg oor die jare byeengebring het en was hy die man wat by Malan daarop aangedring het dat hy die werk moet voltooi. Die oorspronklike bedoeling was dat die boek reeds in 1912 moes verskyn het, maar Malan, wat as kabinetsminister uitgebreide openbare verpligtinge gehad het, het eers in 1924 die werk afgehandel. Die boek bied sporadiese blikke op die bestaan van ’n Driemanskap maar die werklike aard van die driemanskap moet uit die ander bronne bestudeer word. Linda Brink het reeds die eerste deel van ’n biografie van Engelenburg vir haar meestersgraad voltooi en tans behandel sy die res van sy lewensverhaal vir ’n doktorale proefskrif. en_US
dc.language.iso other en_US
dc.publisher North-West University en_US
dc.title Die nalatenskap van ‘n besondere driemanskap. en_US
dc.type Article en_US


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record

Search the NWU Repository


Advanced Search

Browse

My Account

Statistics