Show simple item record

dc.contributor.authorBotha, John R
dc.date.accessioned2012-01-23T06:48:58Z
dc.date.available2012-01-23T06:48:58Z
dc.date.issued2006
dc.identifier.citationBotha, J.R. 2006. The neglected purposes of educating art history: isomorphism and facilitation. New Contree : A journal of Historical and Human Sciences for Southern Africa. 51:1-23, May. [http://dspace.nwu.ac.za/handle/10394/4969]en_US
dc.identifier.issn0379-9867
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/5301
dc.description.abstractDie basiese vertrekpunt van argumentasie van hierdie artikel is gesetel in die suggestie dat die huidige stand van kunsgeskiedkundige onderwys nie totaal in voeling is nie met die ontsaglike moontlikhede wat binne hierdie vakdissipline verskuild lê. Dit wil dan as rigtingwyser dien om minstens een moontlike aspek van die toekomstige belangrikheid van kunsgeskiedkundige opvoeding te beklemtoon, met spesifieke verwysing na die wyse waarop ’n visuele kultuur van toenemende belang word. Hier word ten doel gestel om te dui op die wyse waarop kunsgeskiedenis beter geposisioneer kan wees om aan die behoeftes van ’n post-moderne gemeenskap (spesifiek leerders en/of studente) te voldoen, en dit impliseer ’n hertaksering van wat ten beste beskryf kan word as die persoonlike funksies met kuns. Die argument ontplooi verder deur die rol van fasilitering wat moontlik gemaak word deur die boodskap wat in die (‘n) kunswerk vervat is, te benut met die oog op homeostase van die persona. Die begrip wat hiervoor gebruik word, is isomorfisme, en die metode of tegniek waardeur dit gebeur, kan beskryf word as isomorfiese fasilitering. Kortliks gestel kom dit neer op die aan wending van feite wat met die omstandigheidsfaktore van kunsgeskiedenis en kunswerke verband hou. Hierdie feite word vervolgens as gereedskap gebruik ten einde dialoog te stimuleer en ‘n atmosfeer te skep waarbinne die leerder of student kunswerke mag gebruik ten einde tot isomorfiese identifikasie te kom ten opsigte van soortgelyke aspekte binne haar- of homself. Hierdie identifikasie word wederkerend gebruik om die proses van homeostase te bevorder, en dit impliseer dat die onderwyser of dosent kuns(geskiedenis) kan gebruik in die proses van fasilitering ten einde stres te verlig. Hierdeur word uiteraard ’n enorme bydrae gelewer tot die geestesgesondheid van die individu.en_US
dc.language.isoenen_US
dc.publisherSchool for Basic Sciences, Vaal Triangle Campus, North-West Universityen_US
dc.titleThe neglected purposes of educating art history: isomorphism and facilitation.en_US
dc.typeArticleen_US


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record