Abstract:
Die konsentriese boustyl van prekoloniale Afrikastrukture (skuilings, woonplekke, plazas, gange, paaie of mure), asook die gemeenskaplike
gebruik van fasiliteite in die prekoloniale stede, is in oorsprong eie aan
Afrika. 'n Delikate balans tussen die beskikbare ruimte en die hoeveelheid
mense wat dit bewoon, het aanleiding gegee tot ruimtelike intimiteit,
asook 'n gevoel van kohesie, groepbeheer oor die nabyliggende omgewing
sowel as die ruimte tussen die stede. Dit alles het bygedra tot die
omgewingshandhawing van die stad. Hierdie artikel ondersoek die historiese
grondslae van beplanningsprosedures ten grondslag van die vorm
en struktuur (organies sowel as militêr) van tradisionele, pre-koloniale
Afrikadorpe en -stede en hoe daarin geslaag is om 'n gesonde simbiose
tussen stedelike en landelike omgewings te skep en te onderhou. Hierdie
historiese insig gal eietydse stads- en streeksbeplanners in staat kan
stel om in hulle beplanning van dorpe en stede tradisionele boustyle te
kan verstaan en moontlik tot voortsetting van die tradisie kan implementeer.