Potchefstroom se eerste swart woonbuurt: Machaviestat 1839 - 1888.
Abstract
• Opsomming:
Die Machaviestat nedersetting was die gevolg van 'n
bondgenootskap tussen die Barolongleiers en A.H. Potgieter se
Voortrekkers teen Mzilikazi. Die bedoeling was dat besetting
tydelik sou wees in afwagting op die aanwys van permanente
vestigingsgebiede in Verrewes- Transvaal. Verskeie
omstandighede het die bereiking van die ideaal vertraag. Met
die uiteindelike verwesentliking daarvan het bewoning van
Machaviestat, weens die werksgeleenthede wat Potchefstroom
gebied het, nie geëindig nie. Uiteindelike ontruiming het 'n
oogmerk van die munisipaliteit gebly, maar die unieke status
van Machaviestat is allerweë erken. • Summary:
The occupation of Machaviestat was the result of an alliance
between the Barolong leaders and the Voortrekkers of A.H.
Potgieter against Mzilikazi. The idea was that settlement was to
be temporary in anticipation of the allocation of permanent
homelands in the Far Western Transvaal. Various
circumstances delayed the attainment of this ideal. Even
though a homeland was eventually demarcated the occupation
of Machaviestat continued due to the employment
opportunities offered by Potchefstroom. While eventual evacuation
remained the aim of the municipality, the unique position
of Machaviestat was acknowledged by all.