Onder-Kouga: oorsig van 'n kontrei.
Abstract
• Opsomming:
Onder-Kouga, geleë noord van die Langkloofvallei, word wel
deur vroeë reisigers vermeld, maar is waarskynlik nooit deur hulle
besoek nie. Die vroegste aanduiding dat Blankes die gebied bewoon,
vind ons in 'n verwysing van Thunberg in 1773. Teen 1815 was al die
belangrikste plase in die Onder-Kouga reeds beset. Die bevolkingsverspreiding
in die Onder-Kouga neem 'n kolsgewyse patroon aan en
die gebied is steeds die hartland van die Gerbers en Ferreiras. Die
hardheid van die streek het aan die bewoners bepaalde karaktertrekke
gegee, terwyl die topografie die plaasuitleg en woningbou
beïnvloed het. Lemoenboerdery wat aanvanklik die hoofbron van
inkomste was, is mettertyd deur veeteelt en sagtevrugteboerdery vervang. Die betreklike afgeslotenheid van die gebied is eers teen die
laat dertigerjare van hierdie eeu opgehef, maar danksy die werk van
predikante, plaaslike patriargale kerkraadslede en plaasskoolonderwysers
was geestelike en morele verval nooit 'n kenmerk van hierdie
gemeenskap me. Die afsondering het wel 'n invloed op hulle
ontspanningsvorme, eetgewoontes en die ontstaan van eie Boererate
gehad. Die geleidelike ontvolking van die Onder-Kouga duur steeds
voort, maar met sy mooi natuurskoon is die streek nie sonder sy
moontlikhede vir die toeristebedryf nie. • Summary:
Lower-Kouga, situated north of the Langkloof Valley, was
mentioned by early travellers, but was probably never visited by
them. The earliest indication of Whites living in the region is found
in a reference by Thunberg written in 1773. By 1815 all the most important
farms in the Lower-Kouga were already occupied. The
population lives in scattered communities and the region is still the
heartland of the Gerbers and Ferreiras. The harshness of the region
resulted in the inhabitants' developing a specific character, while
topographical factors influenced the outlay of farms and the
construction of homes. Citrus production was originally the main
source of income, but in course of time has been replaced, in importance,
by stock-farming and deciduous fruits. The seclusion of the
region was only ended during the late 1930s, but owing to the work
of clergy, local members of the church council, and teachers at farm
schools, mental and moral decay did not set in. The seclusion did,
however, influence recreational activities and eating habits, and
aided the development of home remedies. The gradual depopulation of the Lower-Kouga is an ongoing process, but with its beautiful
scenery the region has tourist potential.