Municipal hawking: Johannesburg's mobile markets, 1944 - 1952.
Abstract
• Opsomming:
In die tydperk 1944 - 1952 het die mobiele markte van
Johannesburg hul beslag gekry en weer tot niet gegaan. Die munisipaliteit
se proefneming om voedsel op straat te verkoop, was 'n poging om
die hoë voedselpryse van die tyd teen te werk. Die ingebruikneming
van die mobiele voedselwaens het egter heelwat teenkanting
uitgelok. Aanvanklik het die waens 'n diens aan die Blankes in die
laerinkomstegebiede van Johannesburg gelewer, maar die diens is
later geografies uitgebou sodat ook die hoërinkomstevoorstede ingesluit
is. Toe die skema sy hoogtepunt bereik het, was sewe waens in
bedryf. Daar is verskeie redes waarom die mobiele markte tot niet
gegaan het, onder meer hoë bedryfskoste, 'n skerp afname in kopersondersteuning,
kwaai mededinging van privaat kleinhandelaars en
smouse en die herstel van normale marktoestande na die oorlog. • Summary:
The period 1944 - 1952 saw the rise and fall of the mobile
markets of Johannesburg, an experiment in municipal food hawking.
The scheme was an attempt to counter the high food prices of
the period. Much controversy surrounded the introduction of the
mobile food vans. At first the vans served the lower-income areas of
White Johannesburg but later geographically extended their zone of
operation into higher income suburbs. At the peak of the programme,
seven vans were in action. The decline of the mobile markets
was attributed to their high operating costs, a precipitous fall in consumer
patronage, intense competition from private retailers and
hawkers, and to the return of more normal marketing conditions
after the war.