Contents

No. 25, April 1989

Articles


Review article

Book reviews

Editorial

Local history: a multifaceted and diverse discipline

Not to know what took place before you were born is to remain forever a child - CICERO

Although the view exists that events on a local level hold few implications for the study of national history, local history is in fact a field of kaleidoscopic diversity which can be dealt with from various angles. Its contributions to the overall study of history are many and of value to a wide spectrum of the reading public.

A better understanding of local communities and rural areas obviously requires a 'view from below' which deals with individuals as well as with the economic, social and ideological forces which have contributed to the shaping of South Africa's past. It is, after all, these local communities which form the mosaic of a nation.

Local historians have often been accused of ignoring or neglecting the contributions of blacks and other ethnical groups to the history of a town or region. Several writers of local histories have however begun to address this void, especially in the light of renewed interest in rural studies fuelled by the work done by revisionist and neo-Marxist sociologists and historians. This trend is illustrated by an article in this issue of Contree on the role played by the Native Advisory Board in the administration of local affairs in Bloemfontein.

More recently the study of local events and history which was confined and specific only to one region, has increasingly become the field of the professional and trained historian, resulting in greater in-depth analyses. A case in point is the cattle disease nagana, confined as it was to the geographical area of Zulu land. As pointed out in the second contribution to this issue, the effects of nagana were felt acutely on a socio-economic level by the local inhabitants, but received very little attention outside of the region.

Researching a controversy, such as the one surrounding the date of establishment of Potchefstroom, can furthermore be useful in stimulating local interest in an area's history. It instils into the inhabitants a sense of identity, of belonging and of having 'roots'. A pride in one's community and a willingness to know one's past traditions is a valuable tool in the preservation of local history. A community aware of the continuity of its history and traditions will grow and develop into the future.

Articles in this issue are examples of local history but at the same time indicate the different approaches that local history can have. It is this diversity of approach that gives to it its multifaceted value and enduring interest.

A. de V. Minnaar

Redaksioneel

Plaaslike geskiedenis: 'n veelkantige en uiteenlopende vakgebied

Om onkundig te wees oor wat voor jou geboorte gebeur het, is om vir altyd kind te bly - CICERO

Die opvatting bestaan dat gebeure op die plaaslike vlak nie juis van betekenis vir die bestudering van nasionale geskiedenis is nie. Tog lewer plaaslike geskiedenis met sy kaleidoskopiese verskeidenheid en verskillende benaderingsmoontlikhede talle bydraes tot die algemene geskiedwetenskap en is dit waardevol vir 'n breë spektmm van die leserspubliek.

Ten einde plaaslike gemeenskappe en landelike gebiede vollediger te begryp, word 'n perspektief van onder af vereis. Dit beteken dat sowel die enkeling as die sosiaal-ekonomiese en ideologiese kragte ontleed moet word wat aan die Suid-Afrikaanse verlede sy vorm help gee het. Plaaslike gemeenskappe maak per slot van rekening die mosaïek van 'n nasie uit.

Dit is diegene wat plaaslike geskiedenis beoefen al baie ten laste gelê dat hulle nie aandag gee aan die rol van swartes en ander volksgroepe in die ontstaan en ontwikkeling van 'n dorp of streek nie. Verskeie plaaslike geskiedskrywers het nietemin al begin om die leemte te vul, veral in die lig van die hernude belangstelling in streekstudies wat gaande gemaak is deur die werk van revisionistiese en neo-Marxistiese sosioloë en historici. Die bydrae oor die invloed van die Naturelle-adviesraad op plaaslike bestuursvlak in Bloemfontein wat in Contree opgeneem is, weerspieël hierdie tendens.

In die onlangse verlede het professionele historici toenemend begin belangstel in plaaslike gebeure en geskiedenis wat tot 'n spesifieke streek beperk is - iets wat tot meer dieptestudies gelei het. 'n Voorbeeld hiervan is nagana, die veesiekte wat uitsluitlik in Zoeloeland gewoed het. Soos blyk uit die tweede artikel in hierdie uitgawe het nagana die plaaslike bevolking op maatskaplike en ekonomiese gebied ernstig geraak. Die gebeure het egter weinig aandag buite die streek getrek.

Navorsing oor 'n polemiek soos die rondom Potchefstroom se stigtingsdatum hou voorts die voordeel in dat dit plaaslike belangstelling in 'n gebied se geskiedenis aanwakker. Dit vervul die inwoners met 'n gevoel van identiteit, verbondenheid en 'n herkoms. Om bewus te wees van en trots te wees op 'n gemeenskap se tradisies kan as 'n nuttige hulpmiddel in die handhawing van plaaslike geskiedenis dien. 'n Gemeenskap wat bewus is van die verband tussen sy verlede en tradisies sal groei en vooruitgang maak.

Die bydraes in hierdie uitgawe is voorbeelde van plaaslike geskiedenis en getuig terselfdertyd van die verskillende invalshoeke waaroor die dissipline beskik. Sulke uiteenlopende benaderingswyses onderstreep die vakgebied se veelkantigheid en dien as waarborg vir voortgesette belangstelling daarin.

A. de V. Minnaar

Recent Submissions