Contents

No. 19, April 1990

Articles

Editorial

Gister en Vandag/Yesterday and today is vanjaar 10 jaar oud. Dus 'n gepaste tyd om voorraadopname te maak van 'n dekadelange bemoeienis van arbeid op die akker van Geskiedenis en Geskiedenisonderrig deur talle medewerkers. Historici, vakdidaktici, onderwysers, studente en leerlinge het oor 'n wye front bygedra om navorsingsresultate, wetenskaplilse beskouings en besinnings, asook onderrigvaardighede en historiese interessanthede deur te gee.

In 'n vorige Redakteurskolom (no. 12, September 1986) het ek die volgende gesê:

Studie, vertolking, uitruil van gedagtes en selfs onderlinge konfrontasie is die lewensbloed van wetenskapsbeoefening en ook van begripwekkende en verhelderende onderrig. Saam hiermee gaan ook 'n vraagstellende houding, 'n onverknogte wetenskapsbeoefening, 'n onvervalste waagmoed en 'n nie-aprioristiese openheid van die kant van die ondersoeker, maar verkieslik ook van die kant van die onderwyser.

Gister en Vandag sal sy plig versaak as hy nie aan dié eise voldoen nie, meer nog, Gister en Vandag loop gevaar om in relevansie te vervaag as hy nie wat dié sake betref, op die voorpunt is nie. Uiteraard is ons 'n tydskrif, die enigste in sy soort, vir die onderrig van geskiedenis. Die belangrikste eise waaraan die redaksie wens te voldoen, is juis:

  • om as spreekbuis vir die opleiers van geskiedenisonderwysers op te tree;

  • om vernuwing in die onderrig van geskiedenis te bring;

  • om op die voorpunt van die onderrig van geskiedenis te wees;

  • om meningswisseling rakende die onderrig van geskiedenis aan te moedig en ruimte daarvoor te bied.

But yet, it is not always possible to be objective as far as the outcome of or the report back on the abovementioned demands and aims are concerned. In this regard the following remarks are applicable here:

The editorial board does not really know

  • how - if at all - they have contributed to the teaching, and the improvement thereof;

  • what the impact of the journal has been;

  • whether the contents of Yesterday and Today are being applied by all or some of those concerned;

  • what the actual demands of their target group are and

  • to what extent improvements have to be introduced - and of course, what are to be the nature of these improvements?

On the other hand we are of the opinion that many of our editorial aims have been met, knowing that there is always room for improvement.

Inligting oor bostaande gedagtes is slegs bekombaar van ons lesers. Daarom is u kommentaar, wenke, raadgewing, rigtinggewing; ja, selfs u bevraagtekening en teregwysing, vir ons van groot waarde.

Therefore, I would like to invite you to react against the background of the abovementioned. May I, at the same time, repeat a previous invitation: send in any contribution on any aspect of the teaching of History.

J M L Horn

Recent Submissions