Stokvels and economic empowerment: the case of African women in South Africa, ca. 1930 - 1998.
Abstract
Verwantskapverhoudings in tradisionele gemeenskappe het vroue onderwerp aan die gesag van mans en ouer vroue. Vroue behoort aan hulle mans en hulle reg om in die
kraal te woon het afgehang van haar verwantskap tot een of ander man, lewend of
afgestorwe. Ingevolge die kommunale grondbesitstelsel kon vroue nie grond erf nie,
maar dit het vererf na haar kinders. Vroue het vruggebruik van hul afgestorwe
eggenotes se grond behou. Wanneer vroue uit die tradisionele sektor uitbeweeg het,
het die moontlikheid ontstaan om vry en onafhanklik van die man te word. Swart vroue
wat stedelike gebiede toe getrek het, het self 'n inkome begin verdien. Dikwels het
weduwees deur verstedeliking begin om 'n onafhanklike lewe te skep. In hierdie
stedelike omgewing het vroue ondernemend oorgegaan tot informele sektor aktiwiteite,
maar hulle het toegang tot kontant ontwikkel waarvoor hulle dan stokvelle gestig het.
Stokvelle was sosio-ekonomiese ondersteuningstelsels om daaglikse
bestaansbehoeftes asook later langtermyn aan krediet aan te spreek. In hierdie artikel
word die stokvel as tipiese ROSCA-organisasie ontleed. Die verskillende
verskyningsvorme van stokvelle word bespreek asook die funksies daarvan in die Swart
gemeenskappe. Ten slotte word verwys na die pogings tot integrasie van stokvelle in
die formele finansiële stelsel. Die artikel is krities ten aansien van die mate waartoe
formele finansiële instellings die bewese spaargeneigdheid van hierdie organisasies
erken en op grond daarvan toegang tot krediet ver/een.