Show simple item record

dc.contributor.authorOosthuizen, Gerhard J J
dc.date.accessioned2012-03-06T12:26:05Z
dc.date.available2012-03-06T12:26:05Z
dc.date.issued1999
dc.identifier.citationOosthuizen, G.J.J. 1999. The league of nations: South Africa and the Rehoboth Basters' constitutional struggle, 1919 - 1939. New contree, 46:96-127, Nov. [http://dspace.nwu.ac.za/handle/10394/4969]en_US
dc.identifier.issn0379-9867
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/6275
dc.description.abstractDie groep mense van gemengde afkoms wat gedurende die agtiende eeu in die Noordwes-Kaap hulle ontstaan gehad het, en later as die Rehoboth-Basters bekend geword het, het in 1868 die Kaapkolonie verlaat en hulle in 1870 in Rehoboth en omgewing in die gebied wat later as Duits-Suidwes-Afrika bekend was, gevestig. Suid-Afrika het in 1915 Duits-Suidwes-Afrika binnegeval en verower. Suidwes-Afrika is na afloop van die Eerste Wêreldoorlog as 'n C-mandaatgebied aan Suid-Afrika toegeken. Mandaathouers was onder die verpligting om C-mandaatgebiede te bestuur " ... as integral portions thereof... , but in the interest of the indigenous population" en onder jurisdiksie van die Volkebond. Hierdie verpligting is later vervat in Artikel 22 van die handves van die Volkebond en is verwys na as die sogenaamde "sacred trust". Hierdie artikel fokus op die konstitusionele stryd van die Rehoboth-Basters en die reaksie van die Suid-Afrikaanse Regering en die Volkebond in die lig van die sogenaamde "sacred trust". Baster-Suid-Afrikaanse verhoudinge is van meet af aan gekenmerk deur delikate konstitusionele onderhandelinge. Die Basterraad het ondanks hewige teenstand 'n konstitusionele ooreenkoms in Augustus 1923 aanvaar. Die ontevredenes het daarop hulle eie raad verkies, waarna verskeie vrugtelose versoeningspogings gevolg het. In Desember 1924 is die Suid-Afrikaanse Regering met 'n eensydige onafhanklikheidsverklaring gekonfronteer, maar in April 1925 het die Suid-Afrikaanse Regering via magsvertoon die rebelle tot oorgawe gedwing. Die gesloer met die verslag van regter J. De Villiers het groot frustrasie in Bastergeledere veroorsaak. Die rebelle het hulle male sonder tal op die Volkebond en die Goewerneur-generaal beroep, en het die hantering van die Basterkwessie uiteindelik tot konfrontasie tussen die Suid-Afrikaanse Regering en die Volkebond gelei. Die Baster Adviserende Raad wat deur die Suid-Afrikaanse regering in April 1928 ingestel is, is suksesvol deur die ontevredenes geboikot. In Augustus 1932 het die kaptein van die ontevredenes en 'n groot aantal van sy volgelinge, gemotiveer deur die advies van die Volkebond en die ekonomiese probleme van die dertigerjare versoen met die Minderheidsparty. 'n Grotendeels verenigde Bastergemeenskap het daarna tevergeefs gepoog om hulle konstitusionele posisie te verbeter. In 1939 het die Suid-Afrikaanse Geard-Allen-kommissie aanbeveel dat die Basterkonstitusie nie in daardie stadium heringestel kon word, aangesien die Basterleiers onbevoeg was om die Bastergemeenskap effektief te bestuur.en_US
dc.language.isoenen_US
dc.publisherDepartment of History, University of North-Westen_US
dc.titleThe league of nations: South Africa and the Rehoboth Basters' constitutional struggle, 1919 - 1939.en_US
dc.typeArticleen_US


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record