A history of masculinities in South Africa: context and parameters.
Abstract
Die geskiedenis van manlikheid is 'n relatief nuwe genre waarin Suid-Afrikaanse academici
begin beweeg. Geslagsidentiteit en identiteitsvorming het vanaf die 1980s wêreldwyd meer
aandag begin geniet. Identiteite word as belangrike faktore gesien in die vorming en
instandhouding van gemeenskappe en kan die verloop van die geskiedenis net so veel as
klas, ras, ouderdom, ens., beïnvloed. Die doel is om 'n werkbare voorstel vir die skryf van
'n geskiedenis van manlikheid uiteen te sit. Om die doelstelling te bereik word daar kortliks
gekyk na wat manlikheid, identiteit, vrouestudies, mansstudies en geslagsstudies behels.
Die geskiedenis van manlikheid handel oor identiteite en persepsies van wat dit is om 'n
man te wees en wat die rol van so 'n identiteit in die samelewing is. Tradisionele
geskiedenisse wat meestal deur mans geskryf is (asook die wat deur vrouens vir
vrouegeskiedenis geskryf is) dui op neutrale geslagsidentiteite. Die doel van
manlikheidsgeskiedenis is dus om die geslagsidentiteit uit te lig.