Riding the storm of change: Makhado, Venda and the South African Republic (1864 - 1895)
Abstract
Die Venda regeerder Makhado (?-1895) was een van die mees suksesvolle swart leiers
in die Zuid-Afrikaansche Republiek gedurende die tweede helfte van die negentiende eeu.
Sy regeringstyd is gekenmerk deur 'n fyn interaksie wat gehandhaaf is tussen strategiese
politieke onderwerping en verset teen blanke heerskappy.
Terwyl die swart samelewing elders op die noordelike grensterrein aan spontane
ineenstorting blootgestel was, as gevolg van blanke nedersetting, het die Venda staat
onder Makhado gefloreer. Hy het as skerpsinnige en onverslane leier in 'n tydperk van
intense verandering bly voortbestaan.
In die voordrag word gepoog om tydgenootlike sienings aan beide swart en blanke kant
van Makhado weer te gee. Daar word aandag gegee aan sy sty1 van leierskap. Ook word
gepoog om vas te stel watter faktore daartoe aanleiding gegee het dat hy vir meer as
dertig jaar (1864-1895) aan die bewind kon bly.