Show simple item record

dc.contributor.authorDu Pisani, Kobus
dc.date.accessioned2012-03-15T09:35:26Z
dc.date.available2012-03-15T09:35:26Z
dc.date.issued1999
dc.identifier.citationDu Pisani, K. 1999. Fact and fiction: representations of the South African War in Afrikaans history writing and literature. New contree, 45:164-184, Sept. [http://dspace.nwu.ac.za/handle/10394/4969]en_US
dc.identifier.issn0379-9867
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/6303
dc.description.abstractBeide feit en fiksie was nog altyd komponente van geskiedskrywing. In die onlangse verlede het postmodernistiese idees die vreedsame naasbestaan tussen feit en fiksie in geskiedskrywing versteur deur die onderskeid tussen die twee te probeer ophef, waarheidsaansprake deur historici te bevraagteken en die bestaansreg van geskiedenis as 'n wetenskap in twyfel te trek. Sommige historici het afwysend hierop reageer, maar ander het dit as 'n uitdaging gesien. 'n Groeiende besef het onder historici posgevat dat die soeke na historiese waarheid bevorder kan word deur aan sowel feit as fiksie hul regmatige plek in die geskiedskrywing te verleen. In Afrikaanse intellektuele kringe was daar ook in die afgelope paar jaar indringende besinning oor hoe die verlede hanteer moet word. In literêre tekste was daar, onder postmodernistiese invloed, toenemende bemoeienis met die verlede. Die idee dat daar geen essensiële verskil tussen fiksie en geskiedskrywing is nie en dat die romanskrywer 'n geskiedskrywer kan word, het veld gewen. Klein narratiewe het die korrektheid van die historiese metanarratief, dit is die tradisionele historiografiese beskouings, bevraagteken. Daar is sprake van 'n "herverbeelding" en 'n "heronderhandeling" van die verlede. Historici is uiteraard skepties oor die "oortreding" van letterkundiges op hulle terrein. Interaksie tussen Afrikaanse fiksie- en geskiedskrywers open nietemin interessante nuwe moontlikhede vir die interpretasie van die verlede. In hierdie artikel word enkele resente literêre tekste en geskiedeniswerke, wat die Anglo-Boereoorlog as tema het, ontleed om vas te stel hoe sodanige interaksie ontwikkel en wat die implikasies daarvan is. Dit is duidelik dat veranderde omstandighede in Suid-Afrika sienings in Afrikanergeledere oor die Anglo-Boereoorlog sterk beïnvloed het. Trouens, die hervertolking van die Anglo-Boereoorlog gaan vir die Afrikaner in die eerste plek oor die herdefiniëring van die self in die huidige. Dit hou in 'n groot mate verband met die hedendaagse Afrikaner, 'n eeu na die oorlog, se soeke na 'n nuwe selfbeeld/kulturele identiteit in 'n meer inklusiewe samelewing.en_US
dc.language.isoenen_US
dc.publisherDepartment of History, University of North-Westen_US
dc.titleFact and fiction: representations of the South African War in Afrikaans history writing and literature.en_US
dc.typeArticleen_US


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record