Relaxing the reflexes: reflections on Hordotus' "historical truth".
Abstract
Een van die mees kontensieuse vraagstukke onder historici wentel tans om die
geldigheid van "postmoderne" historiese teorie en praktyk (en by uitstek, antifondasionalisme
en die daaruit vloeiende ontkenning van die in-beginsel moontlikheid
van waarheid in Geskiedenis). Hierdie artikel beoog 'n eerste stap in 'n ondersoek of
hierdie waarheidsbeskouing, binne die konteks van Geskiedenis, werklik radikaal is, of
bloot die rhetoriek van 'n "nuwe konserwatisme". Die benadering wat gevolg is, behels
'n analise van die praktiese waarheidsbeskouing en die rol van "navorsing" in die werk
van die vroegste Westerse historikus: Herodotus van Halikarnassus, binne die
toepaslike intellektuele konteks. Hieruit blyk dit dat Herodotus se waarheidsaansprake
nog absoluut nog fundamentalisties was nie, maar eerder op metodologiese gronde
berus het, wat die sentrale rol van navorsing in Geskiedenis beklemtoon. Ter afsluiting
word voorgestel dat, binne die konteks van Geskiedenis, "postmoderne" en klassieke
waarheidsbeskouings eerder retories as konseptueel verskil. Die kwessie van die rol
en plek van navorsing en metodologie in Geskiedenis is egter veel belangriker.
'Postmoderniste" wat deur die gevestigde historiese gemeenskap ernstig opgeneem
wil word, sal Ban hierdie dimensie van hulle werk besondere aandag moet skenk.
"The historian is the ghostwriter of the past." - (Leonard Krieger)