Privatising South Africa by dictum: a review.
Abstract
Onlangse inisiatiewe om staatsbeheerde ondernemings in Suid-Afrika te privatiseer,
met die sogenaamde doel om, inter alia, die ANC-beheerde Regering vir Nasionale
Eenheid (RNE) se Heropbou- en Ontwikkelingsprogram (HOP) te befonds, toon 'n
enorme paradigma-skuif in terme van die ANC se oorspronklike ekonomiese beleid.
Hierdie skuif verteenwoordig 'n radikale wegbeweeg van openbare besitreg SODS
vasgelê in die Vryheidsmanifes, na die huidige toegewing aan 'n Wêreldbank / Internasionale Monetêre Fonds-styl makro-ekonomiese strategie, wat privatisering
voorstel as 'n fundamentele wondermiddel vir die kwale van die openbare sektor en
versnelde dienslewering. Nietemin, dit blyk dat hierdie strategie die HOP, sowel in die
wyse as die uitvoering daarvan, marginaliseer. Dit is ironies dat 'n privatiseringsprogram
wat gedurende die laat 1980s, te midde van ernstige dreigemente van hernasionalisasie
deur die ANC en sy huidige vennote -die Suid-Afrikaanse
Kommunistiese Party (SAKP) en die Suid-Afrikaanse Vakverbond COSATO - nou aktief
deur die RNE nagestreef word, selfs in die huidige klimaat van uiterste teëstand deur
die SAKP en die Suid-Afrikaanse Vakverbond.
Hierdie artikel ondersoek die privatiseringsproses van die ANC-bewind in terme van die
standpunt dat hierdie proses nie net uiters geheimsinnig voorkom nie, maar ook
plaasgevind het sonder regmatige deelname en konsultasie met die wye publiek en die
ANC se huidige vennote. Die gevolgtrekking wat hier beredeneer word is dat
privatisering geïmplementeer word as 'n onverhandelbare ontwikkelingsmeganisme - 'n
beleidsinstrument deur dictum.