Re-creation, tourism and historical presentation: the cases of Georgetown, Colorado (USA), and Gamkaskloof, Western Province (South Africa) considered.
Abstract
Die geskiedenis van twee gemeenskappe, een wat op mynbou gegrond was en die
ander op boerdery, word in die artikel vergelyk. Georgetown, Colorado, in die V.S.A.
het in 1859 ontstaan, terwyl die koloniale wording van die Gamkaskloof-gemeenskap
in Suid-Afrika vanaf 1841 strek. Beide gemeenskappe is deur middel van paaie meer
toegangklik gemaak, met uiteenlopende gevolge. Beide verkeer tans in 'n
oorgangsproses. Hulle word herskep as weerspieëlings van hulle onderskeie verledes
ten einde hulle toekoms te probeer waarborg. Georgetown, 'n eertydse mynboudorp,
was in sy gloriedae die 'silwer koningin' van die Rotsgebergtes genoem. Sy status het
in die begin van die twintigste eeu tot die van 'n spookdorp gedaal. Vanaf die middel
van die 1940s het verskeie mense pogings aangewend om Georgetown te restoureer,
ten einde die verlede werklikheid van sy kulturele en historiese landskap te probeer
herstel. Gamkaskloof, 'n eertydse oorwegend Afrikaner boerderygemeenskap in die
Swartberge van die Suid-Kaap in Suid-Afrika het 'n vergelykbare ontwikkeling
deurgeloop. Gevolglik is Georgetown en Gamkaskloof vergelykbare voorbeelde van
mense se futiele ywer om die skyn van verlore kulture as werklikhede aan te bied.