Is Klerksdorp die oudste dorp in Transvaal?
Abstract
• Opsomming:
Die aanspraak dat Klerksdorp (en nie Potchefstroom nie) die oudste dorp in Transvaal is, word weerlê, eerstens deur daarop te wys dat die afleiding van 1837 as stigtingsdatum uitsluitlik op herinnerings en oorlewering gebaseer is. Verder word aangevoer dat die ontplooiingsgeskiedenis
van die Groot Trek dui op die onwaarskynlikheid van 'n nedersetting in Wes-Transvaal voor middel-1838. Ten slotte wys die skrywer daarop dat geen argiefmateriaal gevind kon word wat die bestaan van die Schoonspruitnedersetting voor Maart 1840 ondersteun nie. Die nedersetting wat wel daarna ontstaan het, was wesenlik 'n plaas en nie 'n dorp nie. Die woord erf wat eers aan die einde van die jare veertig verskyn, het inderdaad betrekking op saailande. Hoewel die nedersetting teen 1850
die voorkoms van 'n dorp gehad het en Klerksdorp genoem is, het dit geen ooreenkoms met enige vroeë Voortrekkerdorp vertoon nie. Die aanlê van Nuwe Dorp in 1888 was nie bloot die uitbou van Ou Dorp nie, maar 'n aparte stigting om in die behoeftes van die nuwe gouddelwerye te voorsien. • Summary:
This article refutes the claim that Klerksdorp (and not Potchefstroom) is the Transvaal's oldest town, mainly because the assumption that Klerksdorp was founded in 1837 rests upon memory and tradition. It argues moreover that the history of the Great Trek rules out the probability of White settlement in the Western Transvaal before mid-1838. It concludes by indicating that no archival sources or evidence could be traced to prove that a settlement existed at Schoonspruit before March 1840. The settlement which took place there afterwards was basically not a town but a farm. The word erf was not used until the end of the 1840s and indeed referred to arable land or cultivated fields. Although by 1850 the Schoonspruit-settlement did resemble a town and was called Klerksdorp it bore no resemblance to any early Voortrekker dorp. The founding in 1888 of Nuwe Dorp was therefore not merely an extension of Ou Dorp but in fact the establishment of a separate town to provide for the needs of the new gold-diggings at Klerksdorp.