Piet van der Schyff was vanaf 1958 tot 1963 as student en sedert 1971 as dosent, professor en departementshoof in Geskiedenis, universiteitsargivaris en geskiedskrywer verbonde aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys. Hy is die skrywer en medeskrywer van verskeie boeke oor historiese onderwerpe en het, met joernalistieke opleiding tot op graadvlak, oor hare heen verskeie wetenskaplike en 'n groot aantal aktualiteitsartikels in tydskrifte en koerante gepubliseer. Hierbenewens het hy aan etlike aktualiteitsprogramme op radio en televisie deelgeneem en was hy medewerker aan twee groot dokumentêre TV-reekse. Hy het ook oor jare heen wyd navorsing gedoen en historiese data versamel in argiewe en biblioteke oral in Suid-Afrika asook Brittanje, Nederland, Kanada, die VSA, Nieu-Seeland en Australië. Met hulle Karooplaas as basis, lê Piet hom tans toe op vryskut-geskiedskrywing.

Piet het sy beroepsloopbaan begin as redakteur vir publikasies in die Staatsargief, waarna hy medestigter en hoof was van die Politieke Argief aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat (later omskep in die Instituut vir Eietydse Geskiedenis), die argief van die ou Suid-Afrikaanse Rugbyraad (later die SA Rugbyvoetbalunie SARVU) en die PUK-Argief.

© 2003 Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys

Inhoud:

Proloog
Hoofstuk 1.1 : Grondslae
Hoofstuk 1.2 : Vestiging Literariese Departement
Hoofstuk 1.3 : Wyer Horisonne... en Donker Wolke
Hoofstuk 1.4 : Oorlewing en Verplasing
Hoofstuk 1.5 : Vestiging te Potchefstroom
Hoofstuk 1.6 : "Maar Net ? Droom?...
Hoofstuk 1.7 : Die Droom Word Waar!
Hoofstuk 1.8 : Kort Tussenspel : "Vir Christelike Hoër Onderwys"
Hoofstuk 2.1 : ? Plek In Die Son: Ordeninge en Konsolidasie
Hoofstuk 2.2 : Korporatiewe Identiteit
Hoofstuk 2.3 : Groeilyne en Groeipyne
Hoofstuk 2.4 : "Swaard Van Damokles" : Van Der Horst-Kommissie
Hoofstuk 2.5 : Nuwe Geboue, Nuwe Aansien
Hoofstuk 3.1 : Die Gewetensklousule en die Herstel van die "Verminkte Vaandel"
Hoofstuk 3.2 : Konsolidasie (30-erjare)
Hoofstuk 3.3 : "Vordering en Groei... Rustig en Kalm"
Hoofstuk 3.4 : Geldsake: Besuiniging en Dun Sny Van Rieme
Hoofstuk 3.5 : Kampusontwikkeling
Hoofstuk 4.1 : Die PUK en die Politiek, 30-erjare
Hoofstuk 4.2 : PUK en die Tweede Wêreldoorlog
Hoofstuk 4.3 : "Storm en Drang" – Politiek, 40-erjare
Hoofstuk 4.4 : PUK en die Rasse- of Kleurvraagstuk: "Die Grootste Probleem is Ons Land"
Hoofstuk 5.1 : Handhawing van PUK-Karakter
Hoofstuk 5.2 : Die Pad na Selfstandigheid
Hoofstuk 5.3 : "Die Beloofde Land!" – PU vir CHO, 1951
Hoofstuk 5.4 : Epiloog: Embleem en Alma Mater (vervolg) en Gedenkboek
Verwysings

Recent Submissions