• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Education
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Education
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Opvoedersekuriteit en sportafrigting by skole : onderwysregtelike perspektief

    Thumbnail
    View/Open
    Doubell_TB.pdf (1.893Mb)
    Date
    2012
    Author
    Doubell, Thomas Burton
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Sport by skole is n verlengstuk tot die opvoeding van die kind, en in die meeste goed funksionerende openbare skole vind sportafrigting wel plaas. Sekere kommerwekkende gebeure rakende die onderwysers se regsaanspreeklikheid tydens die afrigting van sport het hierdie studie genoodsaak. Die klem van hierdie studie fokus op die sekuriteit en veiligheid van nopvoeder, veral tydens die afrigting van sport. In die studie is daar na opvoeders verwys in hulle rolle as sportafrigters, wedstrydbeamptes en administrateurs by skole. Hierdie navorsing val binne die vakgebied Onderwysreg en die opvoeders se sekuriteit en veiligheid word onder andere vanuit n gemeenregtelike perspektief bespreek. Om die studie geldig te maak, is al die rolspelers wat by sportafrigting by die skole betrokke is, by die studie ingesluit. Die Grondwet, onderwyswetgewing, beroepsveiligheid en –gesondheidswetgewing, tersaaklike regspraak en die gemene reg is as regsdeterminante ontleed. Daar is veral in die bespreking van die gemene reg gefokus op deliktuele aanspreeklikheid as regsdeterminant. In die studie is n kwalitatiewe ondersoek na opvoeders se persepsies gedoen. Daar is gefokus op deelnemers in die onderwys in n spesifieke geografiese area is, en die hele spektrum van rolspelers is betrek. Een prominente bevinding van die studie is dat opvoeders gretig is om meer inligting oor die regsaspekte rakende sportafrigting te bekom. Dit is vir die meeste deelnemers n onbekende veld en hulle is van mening dat indien hulle meer ingelig is, dit n groot bydrae sal lewer tot hulle eie veiligheid en sekuriteit, sowel as dié van leerders. Die sentrale tema van die studie is die sekuriteit en veiligheid van die opvoeders. Die deelnemers is daarvan oortuig dat daar in die opleiding van afrigters groter klem geplaas moet word op die uitbou van regskennis. Opvoeders het n passie vir die afrigting van sport en die klem is op die ontwikkeling van die leerder.
    URI
    http://hdl.handle.net/10394/7367
    Collections
    • Education [1210]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    @mire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjects

    My Account

    LoginRegister

    Statistics

    View Usage Statistics

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    @mire NV