| dc.contributor.author | Wissing, Daniel Petrus | |
| dc.date.accessioned | 2012-11-07T07:50:15Z | |
| dc.date.available | 2012-11-07T07:50:15Z | |
| dc.date.issued | 2011 | |
| dc.identifier.citation | Wissing, D.P. 2011. Ontronding in Kharkamsafrikaans? Litnet Akademies, 8(2):309-330. [http://www.argief.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news&cat=201&cause_id=1270&limit=all&page=0&sort=D] | en_US |
| dc.identifier.issn | 1995-5928 | |
| dc.identifier.uri | http://hdl.handle.net/10394/7733 | |
| dc.description | Eerste gepubliseer op www.litnet.co.za. LitNet Akademies is LitNet se afdeling vir geakkrediteerde akademiese navorsingsartikels. | |
| dc.description.abstract | Ek doen in hierdie artikel verslag van ’n ondersoek na die moontlike aanwesigheid van ontronding as fonologiese proses in Kharkamsafrikaans, ’n Namakwalandse variëteit van Afrikaans. Die twee vokale /9/ (die SAMPA-ekwivalent van IPA se /oe/-teken) en /y/ is in woordlyste en sinne deur 20 toevallig beskikbare sprekers van die dorpie Kharkams opgeneem en ontleed. Die aanleiding tot die studie is die beskrywing van Links (1989) asook Fritz Ponelis se Voorwoord tot hierdie werk. Links (1989) lig die afwesigheid van ontronding toe in die spraak van persone van 76 jaar en ouer. Ponelis (in die Voorwoord) wys op die tydigheid van die ondersoek, omdat verstedeliking en kultivering besig was om “groot bresse” te slaan, ook in daardie variëteit van Afrikaans. Ontronding sou dus waarskynlik by jongmense van die streek begin posvat het. Hierdie moontlikheid is in hierdie studie getoets. Tien graad 9-leerlinge van die plaaslike hoërskool is betrek, asook tien volwassenes van wisselende ouderdom (30–84 jaar). Ontronding is by almal gevind, die meeste by die jongste groep, en die minste by die oudste groep. In hierdie opsig is daar dus wel aanwysings van waarskynlike beïnvloeding van die kant van verstedeliking en kultivering soos deur Ponelis genoem. Mens sou hier ook kon praat van chronolektiese verskille tussen die oudste en jongste sprekers. ’n Aantal aanbevelings word gemaak met betrekking tot die ondersoekmetode wat gevolg is. Daar moet veral gewaak word teen ’n te enkelvoudige opset, soos om net van sinne gebruik te maak; lyste woorde gee duideliker resultate. Die tipe vokaal, sinsaksent, leesstyl en -tempo en gebruiksfrekwensie moet ook in ag geneem word. By die interpretasie van bevindinge soos dié moet mens natuurlik steeds in gedagte hou dat sommige prosesse onderhewig is aan meer weerstand teen verandering as ander. | en_US |
| dc.description.abstract | Derounding in Kharkams Afrikaans? Derounding of the marked (abnormal) rounded front vowels is a common, widely known phonological characteristic of Afrikaans. It is therefore quite remarkable that in his book So praat ons Namakwalanders (1989) Links claims that this phenomenon does not occur in Kharkams Afrikaans, a variety of Afrikaans found in Namaqualand. In the preface of this book Fritz Ponelis writes that Links’s work came just in time, since the oldest Afrikaans dialects are changing or have already disappeared under the comprehensive pressure from educational institutions and practices and their endeavours towards standard language” (Ponelis’s words translated by me). Ponelis further implies that this could also be the case in Kharkams Afrikaans. Using this background, this article will report on the current state of affairs. Links’s 1989 study is limited to respondents of 76 years and older. He claims that the marked rounded front vowels (SAMPAnotation /y, 2, 9/ of the IPA’s /y, ø, oe/ respectively) are rounded “sonder uitsondering” (without exception). He bases his interpretations on conclusions derived from listening to various taped conversations. He does not, however, take into consideration wellknown aspects that could influence the extent of derounding. . | |
| dc.language.iso | other | en_US |
| dc.subject | Ontronding | en_US |
| dc.subject | Kharkamsafrikaans | en_US |
| dc.subject | eksperimentele ondersoek | en_US |
| dc.subject | beïnvloedende faktore | en_US |
| dc.subject | chronolektiese variante | en_US |
| dc.title | Ontronding in Kharkamsafrikaans? | en_US |
| dc.type | Article | en_US |