'n Persoonlike waardering van Hennie Aucamp as mentor
Abstract
In hierdie studie benut die skrywer die 5D-raamwerk en teoretiese en metodologiese
onderbou van waarderende ondersoek en persoonlike waardering vir ʼn persoonlike
waardering van die skrywer, Hennie Aucamp. By name handel dit oor die invloed van
Aucamp se mentorskap op die navorser se persoonlike en professionele ontwikkeling. Na
ʼn waarderende onderhoud met die TV-aanbieder en stemkunstenaar, Coenie de Villiers,
word die volgende vyf positiewe temas van sowel die navorser as De Villiers se
vriendskap met Aucamp geïdentifiseer en ontleed:
• keerpunt – ontmoeting met Aucamp
• Aucamp se intellek en ruimheid van gees en ons verwonderdering
• mentorskap en briewe
• persoonlike keuse van Aucamp se aangrypendste skryfwerk en uitsonderlike
vakmanskap
• persoonlike beskouings omtrent wat ander kunstenaars by Aucamp kan leer
ʼn Foto-collage is saamgestel om as visuele agtergrond vir die waardering te dien. Die
navorser het ʼn persoonlike onderhoud met Aucamp gevoer om sy reaksie op die
geïdentifiseerde temas te verkry en het Aucamp se reaksie met die bespreking
geïntegreer.