An unlikely union. Exploring the possibilities of Afrikaner and black women’s organisations cooperating in the Women’s National Coalition, 1991-1994.
Abstract
Die Women’s National Coalition (WNC) is in 1992 gestig om
gelykberegtiging vir vroue in demokratiese Suid-Afrika te verseker. Inligting
oor vroue se behoeftes en aspirasies sou ingesamel word en in ‘n Vrouehandves
saamgevat word wat uiteindelik deel van die nuwe grondwet sou word. Op
hierdie wyse sou vroueregte grondwetlik beskerm word. Die WNC was ‘n
African National Congress Women’s League inisiatief. Vroueorganisasies
dwarsoor die land is uitgenooi om die politieke arena te betree. Die gevolg
was dat ongeveer 100 organisasies by die WNC aangesluit het, van hulle was
ongeveer dertien Afrikanervroueorganisasies. Die grootste groepering was
Afrikanervroue-kultuurorganisasies.
Die verteenwoordigers van die Afrikanerkultuurorganisasies het moeilik by
die WNC aangepas. Daar was talle praktiese probleme, maar dit was veral
haar gebrek aan politieke vernuf, en die vyandigheid van swart vroue wat die
vergaderings van die WNC domineer het, wat haar betrokkenheid in die wiele
gery het. Die gedagte het ook by feitlik al die Afrikanervroue ontstaan dat die
WNC ‘n politieke rookskerm was vir die ANC om sy magsbasis te versterk.
Hierdie artikel ondersoek die moontlikheid of daar wel samewerking
tussen Afrikanervroue en swartvroue in die WNC kon wees. Moontlike
raakpunte, soos moederskap, patriargie, godsdiens, feminisme, susterskap,
ens. word ondersoek. Die slotsom is dat daar nie werklike raakpunte tussen
Afrikanervroue en swartvroue in die WNC was nie.
Collections
Related items
Showing items related by title, author, creator and subject.
-
Biblical counselling for spiritually wounded women who suffered the 1994 genocide : a case study of Rwandese women between ages 35-55, living in Kibuye
Banyanga, Jean D'Amour (North-West University, 2008)This study was prompted by the remarkable need for pastoral counselling for wounded Rwandese women. Many women that survived the 1994 genocide in Rwanda had been widowed, raped and beaten, had cut their arms and legs, had ... -
The rights and freedoms of Moroccan women: has the 2004 reforms benefited Moroccan women?
Booley, Ashraf (2016)Morocco has maintained its identity and adherence to the Islamic faith since before colonialism and after. As a result of such identity the Moroccan monarchy over the years developed the Code of Personal Status (referred ... -
Party politics jeopardised the credibility of the Women’s National Coalition for Afrikaner women in the organisation.
Maritz, Loraine (School for Basic Sciences, Vaal Triangle Campus, North-West University, 2011)• Opsomming: Die Women’s National Coalition (WNC) is in 1992 amptelik gestig en was ‘n inisiatief van die African National Congress Women’s League. Die doelwitte van die WNC was om inligting oor vroue se behoeftes en ...