Bij die monument : verse van Totius / met 'n voorrede van President Steyn
Abstract
Wanneer ik die gediggies aan die welwillende leser aanbeveel, dan wil ik nie daardeur te kenne gee, dat ik 'n oordeelkundige is nie; maar toen ik dit gelees het, werd diep in mijn hart 'n tere snaar aangeroerd. Ik weet menige hart sal deur die gediggies getroffe word. Die digter leg hulle als 'n lauerkrans op die grawe van onse dierbare dode. Hij wil geen geld daaruit maak. Die opbrengs sal hij gee voor die Nasionale Monument. Dit was rede genoeg ver mij om die gediggies aan te beveel. Daar is daarom nog 'n ander rede. Nou dat jong Suid Afrika sigself bewus word en drome droom van 'n ei'e litteratuur,
verwelkom ik die soort van penne-vrugte van ganser harte. Sommige van die werke gee die belofte dat onse droom verwesenlik sal worde.
Ver mij is die eerstelinge van onse litteratuur so heerlik als die geluid van die eerste reendruppels na 'n langdurige droogte.