Belewenis van uitbranding by nagraadse teologiese studente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika – ’n Pastorale ondersoek
Abstract
OPSOMING: Die doel met hierdie artikel is om vas te stel wat die belewenis van uitbranding by nagraadse
teologiese studente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) is. Deur middel van
kwantitatiewe empiriese navorsing is vasgestel wat die vlak van uitbranding by nagraadse
teologiese studente van die GKSA is. Met die navorsing is vasgestel dat 75% van die nagraadse
teologiese studente wat aan die studie deelgeneem het, ’n mate van emosionele uitbranding
beleef. Van hierdie 75% het 35% van die deelnemers akute uitbranding beleef en ’n verdere
15% kan binne die ineenstortingstadium van uitbranding gekategoriseer word. Verskeie
faktore is geïdentifiseer wat moontlik tot die nagraadse teologiese studente se belewenis van
uitbranding kan bydra. Hierdie faktore sluit onder meer in die oneffektiewe bestuur van die
werkslading; die belewenis van werksoorlading en ’n gebrek aan die beheer en bestuur van
hulle akademiese werkslading; ’n persepsie dat hulle nie genoeg erkenning vir hulle bydrae
en of insette ontvang nie; persoonlike probleme in die private lewe van die studente; ’n verlies
aan werksvreugde en gebrekkige interpersoonlike verhoudings; ’n gebrek aan die opleiding
van emosionele vaardighede en interpersoonlike verhoudings in die kurrikulum; ’n gebrek
aan die handhawing van gesonde emosionele grense en die volhoubare ontwikkeling van die
student se eie geestelike lewe; asook ’n tekort aan die vervulling van persoonlike doelwitte.
1 Konings 19 word as bybelse vertrekpunt gebruik vir die behandeling en voorkoming van
uitbranding by nagraadse teologiese studente van die GKSA. SUMMARY: Experience of burnout among postgraduate theological students of the Reformed Churches
in South Africa – A pastoral analysis. The aim of this article is to establish to what extent
the postgraduate theological students of the Reformed Churches in South Africa (RCSA)
experience burnout. Quantitative empirical research was conducted to establish their levels
of burnout. The researcher found that 75% of the postgraduate students had experienced
burnout to some extent. Out of these 75% participants, 35% experienced acute burnout, and a
further 15% could be classified as being in the breakdown phase of burnout. Various factors
were identified that may contribute to the postgraduate theological students’ experiencing
of burnout. These factors include inter alia the ineffective management of the academic
work load; their experiencing of overload and a lack of control over the amount of academic
work; perceptions that they are not rewarded sufficiently for their contributions; personal
problems in their private lives; a lack of emotional development and growth and a need for
interpersonal skills training in their curriculum; a lack of maintaining healthy emotional
boundaries; structuring and ordering of the postgraduate theological students’ own spiritual
life; and a lack of fulfilment of goals. 1 Kings 19 is used as a biblical basis for the treatment and
prevention of emotional burnout among the postgraduate theological students of the RCSA.
Collections
- Faculty of Theology [980]