H.G. Stoker (1999-1993) as Christelike filosoof: ’n Historiese legende en ikoon, of nog steeds ’n kontemporêre mentor?
Abstract
’n Tradisie, wat ’n filosofiese tradisie insluit, kan alleen lewend bly as die verhaal daarvan
aan die jonger geslag oorvertel word. Daarom bied hierdie inleidende en oorsigtelike artikel
aan die leser iets oor die unieke filosofie van die Suid-Afrikaanse denker, Henk Stoker. Ter
inleiding behandel dit die moontlike redes waarom sy denke in Suid-Afrika en elders vandag
relatief onbekend is en minder invloedryk was in vergelyking met dié van die twee ander
vaders van ’n reformatoriese filosofie, naamlik Dirk H.Th. Vollenhoven en veral Herman
Dooyeweerd. Daarna word aandag geskenk aan die Suid-Afrikaanse milieu waarbinne sy
filosofie gebore is. Die moontlike interne en eksterne teologiese en filosofiese invloede van
veral Herman Bavinck (1854–1921) en Max Scheler (1874–1928) word behandel. Vervolgens
word op enkele van Stoker se oorspronklikste bydraes tot die Christelik-filosofiese tradisie
gewys. ’n Vlugtige blik word op die wedersydse kritiek tussen Stoker, Dooyeweerd en sekere
leerlinge van Dooyeweerd gewerp. Ten slotte kan daar, in die lig van hierdie onderlinge
verskille, sekere wanopvattings reggestel word, byvoorbeeld dat ’n Reformatoriese filosofie
’n statiese en geslote sisteem is.
URI
http://hdl.handle.net/10394/13963http://dx.doi.org/10.4102/ids.v47i1.85
http://www.indieskriflig.org.za/index.php/skriflig/article/view/86
Collections
- Faculty of Humanities [2033]