Waar kom die Alibama vandaan? Teorieë oor die oorsprong van die volkslied "Daar kom die Alibama"
Abstract
Oor die herkoms van die liedjie "Daar kom die Alibama" bestaan baie wanopvattings en talle foutiewe afleidings word gemaak as gevolg van die verdraaiing of waninterpretasie van historiese gebeure. Die afwesigheid van 'n historiese bewussyn by die algemene publiek, gekombineer met blootstelling aan óf misleidende óf propagandistiese stellings deur skrywers en sprekers rondom hierdie onderwerp, dra by tot verwarring en die vorming van sogenaamde mites oor dié gewilde Afrikaanse liedjie. Hierdie ondersoek na die ontstaansteorieë behels 'n grondige studie van primêre en sekondêre bronne en is daarop gemik om mistastings en onwaarhede te weerlê. In die proses moes verkeerde afleidings en foute deur vroeëre skrywers en sprekers onvermydelik uitgewys word. Die rol wat twee skepe genaamd Alabama in die vorming van 'n volksliedjie gespeel het, word hier noukeuring nagegaan in 'n poging om die oorsprong vas te stel. Die herkoms van die melodie word ook ondersoek - iets wat nog nie voorheen in diepte gedoen is nie.ABSTRACT Where is the Alibama from? Theories on the origin of the folksong "Daar kom die Alibama"
There are many misconceptions about the origin of the song "Daar kom die Alibama" and many erroneous conclusions are made as a result of the distortion or misinterpretation of historical events. The absence of a historical awareness amongst the general public, combined with exposure to misleading and propagandistic statements about this song, contribute to confusion and the spreading of myths about this very popular Afrikaans folksong. In this investigation of the theories on the origin of the song, based on a thorough study of primary and secondary sources, the goal is to refute certain untruths and blunders. During this process it was inevitable to point out wrong conclusions and mistakes made by prior writers and speakers on this topic. The role of two ships named Alabama in the creation of the folk song, is carefully traced in an attempt to verify the origin. The origin of the melody is also researched - something that has never before been investigated in depth.
Collections
- Faculty of Humanities [2042]