Manlik en vroulik in die kerk : geslagtigheid en die besondere dienste / Douw G. Breed, Fika J. van Rensburg, Gert J.C. Jordaan ; in opdrag van die Gereformeerde Teologiese Vereniging met die medewerking van Braam Kruger
Date
2008Author
Breed, Douw Gerbrand, (1952-)
Jordaan, Gert Johannes Cornelis, (1951-)
Van Rensburg, Fika J., (1951-)
Kruger, Braam
Metadata
Show full item recordAbstract
Die aanpak van die boek is die volgende: Eerstens word tersaaklike kerkregtelike
aspekte asook 'n historiese oorsig oor die problematiek aan die orde gestel (Hoofstuk
1 ); daarna word die Skrifbeskoulike vertrekpunte (Hoofstuk 2), asook die
hermeneutiese vertrekpunte (Hoofstuk 3) gestel en beredeneer. In Hoofstuk 4 word die
eksegese en hermeneuse wat hierdie boek aanbied, verduidelik en word die beginsels
vir die beoordeling van die eksegese en hermeneuse genoem en verduidelik. Hoofstuk
5 bied 'n opsomming van die relevante Skrifgegewens uit die Ou-Testamentiese
Skrifdele en Hoofstuk 6 gee 'n oorsig oor gegewens in verband met die vrou volgens
die Evangelies. In Hoofstukke 7 - 15 word agtereenvolgens gefokusde eksegese en
hermeneuse gebied van die volgende perikope uit die Nuwe Testament: Efesiers 5:21-
33, 1 Petrus 3:1-7, Galasiers 3:26-29, 1 Korintiers 11:2-16, 14:26-40, 1 Timoteus 2:8-
15, 3:1-16, 5:3-16, en Romeine 16:1-2. Hoofstuk 16 bevat die gevolgtrekkings en die
finale hoofstuk, Hoofstuk 17, formuleer die moontlike implikasies van die studie vir die
GKSA en maak aanbevelings vir die hantering van geslagtelikheid in die GKSA.
Ons het ervaar hoe die leiding van die Gees gelowiges by mekaar uitbring, sodat
sekere verskille uit die weg geruim kon word, en ander verskille broederlik met mekaar
deurgepraat kon word. Ons vertrou dat die boek wat uit hierdie arbeid na vore gekom
het, vir gelowiges inligting oor die onderwerp sal gee, hulle sal lei in hulle denke en
uiteindelik op hierdie wyse vir die kerke tot groat diens en seen sal wees.
Collections
- Miscellanea [25]