• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Research Output
    • Faculty of Humanities
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Research Output
    • Faculty of Humanities
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    'n Eeu van Gereformeerde jeugbeweging (1888–1988): 'n Historiese–evaluerende verkenning

    Thumbnail
    View/Open
    2015Gereformeerde.pdf (264.4Kb)
    Date
    2015
    Author
    Van der Walt, Bennie J.
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Vir ’n eeu (1888–1988) het daar ’n groeiende en florerende Gereformeerde jeugbeweging, die Jongeliedeverenigings op Gereformeerde grondslag (afgekort as JV), in Suid-Afrika bestaan. Hierdie min of meer onafhanklike beweging het ’n belangrike rol gespeel om by jongmense ’n Christelike lewensvisie tuis te bring en hulle daardeur te inspireer. Hierdie artikel beginmet ’n motivering, waarna dit ’n kort historiese skets oor die ontstaan en ontwikkeling van die beweging bied gevolg deur ’n oorsig oor die bronne wat nog beskikbaar is en hieroor geraadpleeg kan word. Die volgende gedeelte van die artikel bevat twee gevallestudies. Die eerste bied ’n oorsig oor die breë spektrum van aktiwiteite van ’n spesifieke JV (nl. JV Gideon). Die spesifieke aktiwiteite van hierdie JV het dit in staat gestel om sy lede met ’n wye koninkryksperspektief toe te rus. In die tweede geval toon die bedrywighede van die Transvaalse Bond van JV’s (bv. deur sy leierskampe en verdere publikasies) dieselfde omvattende formatiewe waarde. In die lig van die voorafgaande gegewens, kan die besluit van die sinode (1988) van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) om finaal die jeugwerk van die JV’s te termineer en met kerklike jeugsorg te vervang, bevraagteken word. Die skrywer van hierdie artikel is van mening dat sowel kerklike jeugsorg as selfstandige jeugwerk elkeen ’n eie, unieke bydrae tot die vorming van Christelike jongmense kan maak en dus langs mekaar mag bestaan. In die lig van die steeds groeiende sekularisasie in die land word ten slotte die dringende noodsaaklikheid van iets soortgelyks aan die destydse JV’s vir vandag beklemtoon. A century of Reformed youth movement (1888–1988): A historical-evaluative reconnaissance. For a century (1888–1988) a growing and flourishing Reformed youth movement, called the ‘Jongeliedeverenigings op Gereformeerde grondslag’ (abbreviated as JV) existed in South Africa. This more or less independent movement played an important role in shaping the Christian worldview of its members. This article starts with a motivation for this reflection; it then provides a brief historical sketch of the origin and development of the movement, followed by a review of the sources consulted. The next section of the article presents two case studies. Firstly, it provides an overview of the broad spectrum of the activities of a specific JV (viz. JV Gideon). Its activities enabled it to equip its members with a wide kingdom perspective. In the second case, activities (e.g. leadership camps and added publications) of the then ‘Transvaalse Bond’ (Alliance) testifies to the same encompassing formative power. In the light of the preceding information, the decision of the synod of the Reformed Churches of South Africa (1988) to terminate the JV’s youth work to be replaced by the youth care of the churches is queried. The writer of this article is of the opinion that ecclesiastical care for its young members, as well as an independent youth movement, have a unique role to fulfil in the moulding and equipping of young Christians. It should therefore not exclude but rather complement each other. In the light of the growing secularisation in our country the conclusion emphasises the urgent need of re-establishing something similar to the erstwhile JV movement.
    URI
    http://hdl.handle.net/10394/18858
    http://dx.doi.org/10.4102/ids.v49i1.1956
    Collections
    • Faculty of Humanities [2042]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV