Die gebruik van die metadiskoerskategorie “bewyse” as voorvereiste vir suksesvolle argumentatiewe skryfwerk op tersiêre vlak
Abstract
Hierdie artikel werp lig op die
gebruik van Hyland (2004:139) se
metadiskoerskategorie “bewyse” in
eerstejaar-universiteitstudente se akademiese,
argumentatiewe skryfwerk. ʼn
Kwasi-eksperimentele navorsingsontwerp
is gebruik ten einde kwantitatiewe
data in te samel rakende die invloed wat
ʼn intervensie sal hê op die deelnemers
se gebruik van en verwysing na bronne
volgens die Noordwes-Universiteit se
amptelike verwysingstyl. Ten einde eties
om te gaan met akademiese bronne, is dit
belangrik dat studente reeds vroeg in hulle
universiteitsloopbaan bewus gemaak
behoort te word van die erkenning van
bronne wat in tekste geraadpleeg word.
ʼn Handontleding en vergelyking van
twee korpora, bestaande uit 109 tekste
elk (woordtotale van onderskeidelik
54 586 en 56 151), is gedoen. Daar is
bevind dat, ten spyte van die beperkte
hoeveelheid tyd wat aan die onderrig
van die metadiskoerskategorie “bewyse”
afgestaan is, dit wel ʼn positiewe invloed
het op die erkenning van bronne en die
korrekte verwysing daarna volgens die
Harvardstyl.
Collections
- Faculty of Humanities [2042]