Show simple item record

dc.contributor.authorStrauss, Danie
dc.date.accessioned2017-03-03T06:04:09Z
dc.date.available2017-03-03T06:04:09Z
dc.date.issued2015
dc.identifier.citationStrauss, D. 2015. Differensiasie: die basis van samelewingsvryhede. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 55(2):304–318. [http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2015/v55n2a10]en_US
dc.identifier.issn0041–4751
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/20658
dc.identifier.urihttp://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2015/v55n2a10
dc.description.abstractHierdie artikel verg enersyds begripsonderskeidinge en andersyds 'n oorsigtelike beeld van ongedifferensieerde en gedifferensieerde samelewings. Waar ding-begrippe in die Grieks-Middeleeuse intellektuele erfenis prominent was (die vraag na die konkrete wat-heid van die dinge), sou die moderne ontwikkelinge sedert die Renaissance al meer klem op funksie-begrippe plaas (die vraag na die hoedanigheid van dinge). In die lig van hierdie onderskeiding blyk dit dat die term differensiasie 'n biotiese funksiebegrip is wat ten nouste verband hou met die multifunksionele aard van lewende dinge - wat tewens 'n eenheid in die menigvuldigheid organiese aktiwiteite daarvan vertoon (getalsfunksie), en wat 'n samehangende (organiese) geheel met integrale dele vorm wat in voortdurende wisselwerking met mekaar staan (die ruimtelike, kinematiese en fisiese funksies). Biotiese groei omvat beide die vertakking (differensiasie) van lewensfunksies en die saambind (integrasie) daarvan. Besinning oor die aard van die menslike samelewing stuit onvermydelik op die analogiese gebruik van hierdie biotiese terme (differensiasie en integrasie). Dit gebeur spesifiek wanneer van ongedifferensieerde en gedifferensieerde samelewings gepraat word. Waar die individuele mens grootliks in ongedifferensieerde samelewings opgaan (as deel van 'n groter geheel), bied die langsame kultuur-historiese proses van samelewingsdifferensiasie eventueel ruimte vir die uitkristallisering van die staat as regsverband naas en in onderskeiding van 'n menigvuldigheid niestaatlike samelewingsvorme - en tegelyk tree daar 'n persoonlike vryheidsfeer na vore waarin die persoonlike ruimte van individue onderken word afgesien van enige lewensvorm-verbintenis waarin die mens as deel van 'n groter geheel mag optree. Dit lei tot die gevolgtrekking dat differensiasie inderdaad die basis van ons publieke vryhede, persoonlike vryhede en samelewingsvryhede vorm. Die terme wat in die titel van hierdie artikel vervat is, is ongewyfeld bekend uit ons alledaagse spraakgebruik. Sodra daar egter nader rekenskap gegee wil word van bepaalde konnotasies waarin dit ook in 'n filosofiese besinning gebruik kan word, blyk dit spoedig dat dit nie so 'n eenvoudige taakstelling is nie.en_US
dc.language.isootheren_US
dc.publisherSuid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kunsen_US
dc.subjectDing-begrippeen_US
dc.subjectfunksiebegrippeen_US
dc.subjectgroeien_US
dc.subjectdifferensiasieen_US
dc.subjectintegrasieen_US
dc.subjectbiotiese analogieëen_US
dc.subjectmodale beginselsen_US
dc.subjecttipiese beginselsen_US
dc.subjectongedifferensieerde samelewingsen_US
dc.subjectkwalifisering en funderingen_US
dc.subjectpolisen_US
dc.subjectius gentiumen_US
dc.subjectvolkssoewereiniteiten_US
dc.subjectmagsgrenseen_US
dc.subjectregstaaten_US
dc.subjectnie-staatlike samelewingsvormeen_US
dc.subjectsamelewingsvryhedeen_US
dc.subjecteie-geaarde beginselsen_US
dc.titleDifferensiasie: die basis van samelewingsvryhedeen_US
dc.typeArticleen_US
dc.contributor.researchID12040568 - Strauss, Daniel Francois Malherbe


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record