Die onderrig van argumentvaardighede in ʼn akademiese skryfkursus vir eerstejaars: ʼn Beste praktyk-beskrywing
Abstract
Die doel van hierdie artikel is om ʼn
praktykgebaseerde onderrigmodel aan
die hand te doen vir die doeltreffende
lees en skryf van akademiese
tekste binne die beperkinge wat
baie universiteitsroosters stel. In die
beskrywing van ʼn onderrigmetode wat
in die praktyk goeie resultate met die
skryf van argumentatiewe tekste deur
eerstejaarstudente opgelewer het,
word hoofsaaklik van praktyk-geleide
navorsing ondersteun deur praktykgebaseerde
navorsing en refleksiewe
praktyk as navorsingsmetode gebruik
gemaak. Die onderrigstrategie wat
in hierdie artikel as beste praktyk
uiteengesit word, is daarop gemik om
eerstejaarstudente bewus te maak
van bepaalde generiese akademiese
skryfkonvensies wat hulle in hulle eie
skryfwerk kan toepas. Verder lei dit
studente om sinvolle en doeltreffende
strategieë te ontwikkel om vakkundige
tekste te lees en te beoordeel én om self
logiese argumente te beplan en te skryf.
Collections
- Faculty of Humanities [2033]