Show simple item record

dc.contributor.authorJansen van Rensburg, Fanie
dc.date.accessioned2017-05-15T08:59:18Z
dc.date.available2017-05-15T08:59:18Z
dc.date.issued2016
dc.identifier.citationJansen van Rensburg, F. 2016. Weerstand teen huisvesting van swart studente deur die Potchefstroomse Universiteit vir CHO, 1987 tot 1990. Litnet Akademies, 13(3):210-240. [http://www.litnet.co.za/search/?q=Weerstand+teen+huisvesting+van+swart+studente+deur+die+Potchefstroomse+Universiteit+vir+CHO]
dc.identifier.issn1995-5928
dc.identifier.urihttp://www.litnet.co.za/search/?q=Weerstand+teen+huisvesting+van+swart+studente+deur+die+Potchefstroomse+Universiteit+vir+CHO
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/23612
dc.descriptionEnter any additional information or requests for the Library here.
dc.description.abstractDie Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (hierna PU, of die universiteit) het in 1984 swart studente tot na-uurse studie toegelaat en in 1988 was daar ’n vraag of sommige van hierdie studente se prestasies, wat nie na verwagting was nie, daarmee verband gehou het dat hulle nie in die koshuise op die kampus kon woon nie. Toe swart studente later ook voltyds by hierdie instelling kon studeer, was daar aansienlike druk van binne en buite die universiteit, van individue en instansies (soos Jeugkrag-Potchefstroom en die Senaat), wat wou sien dat daar oopstelling van koshuise vir swart studente kom. Die algemene kritiek van hierdie voorstanders vir oopstelling was gemik teen die diskriminerende aard en uitgediendheid van die segregasiepraktyke op die kampus, veral as in ag geneem word dat die instelling ’n uitgesproke Christelike karakter gehad het. Die Raad het egter in sy proses van besluitneming vae argumente aangevoer in sy weiering van oopstelling. Die Bestuur van die universiteit het die Raad pligsgetrou bygestaan deur met vaaghede, ontkennings en verplasings van betekenis die aksie van die voorkoming van die oopstelling aan die gang te hou. Die Raad het nie net geweier om bestaande koshuise oop te stel nie, maar het ook later met teësin alternatiewe planne beraam. Daarom het die universiteit baie laat in die geskiedenis van die oopstelling van koshuise op Suid-Afrikaanse kampusse bloot vermeld dat koshuise wel vir alle “bevolkingsgroepe” oop is, terwyl hulle toe weer eens verwys het na wat die “karakter” van die universiteit is, net soos by sy vroeëre weiering tot oopstelling.
dc.language.isoother
dc.publisherLitNet
dc.subjectApartheid
dc.subjecthuisvesting
dc.subjectJeugkrag-Suid-Afrika
dc.subjectkoshuise
dc.subjectoopstelling
dc.subjectPU vir CHO
dc.subjectsegregasie
dc.subjectstudente
dc.subjectuniversiteit
dc.titleWeerstand teen huisvesting van swart studente deur die Potchefstroomse Universiteit vir CHO, 1987 tot 1990
dc.typeArticle
dc.contributor.researchID10055290 - Jansen van Rensburg, Nicolaas Stephanus


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record