dc.contributor.author | Van Vollenhoven, Anton | |
dc.date.accessioned | 2018-06-20T07:02:51Z | |
dc.date.available | 2018-06-20T07:02:51Z | |
dc.date.issued | 2017 | |
dc.identifier.citation | Van Vollenhoven, A. 2017. Die veranderende betekenis van die Voortrekkermonument: erfeniswins of erfenisverlies? Litnet Akademies, 14(7):214-237. [https://www.litnet.co.za/die-veranderende-betekenis-van-die-voortrekkermonument-erfeniswins-erfenisverlies/] | |
dc.identifier.issn | 1995–5928 | |
dc.identifier.uri | https://www.litnet.co.za/die-veranderende-betekenis-van-die-voortrekkermonument-erfeniswins-erfenisverlies/ | |
dc.identifier.uri | http://hdl.handle.net/10394/27794 | |
dc.description.abstract | Die Voortrekkermonument is waarskynlik die belangrikste erfenissimbool van Afrikaners. Dit het 'n simbolies-ideologiese betekenis, en die oprig daarvan het 'n noue verbintenis met Afrikanernasionalisme. Monumente word maklik die slagoffers van diegene met sienswyses wat verskil van dit wat die monument simboliseer. Gevolglik is daar sedert 1994 by die Voortrekkermonument pogings aangewend om persepsies van die publiek ten opsigte van die monument te verander. Hierdie artikel het ten doel om aan te toon dat die veranderinge egter tot die dekontekstualisering daarvan kan lei. 'n Oplossing word vervolgens aan die hand gedoen. Matilda Burden se metodologiese model vir kultuurgeskiedenis as dissipline word gebruik en verbind met erfenisbestuur en internasionale bewaringskonvensies. Bronne wat gebruik word, sluit literatuur en tydgenootlike beskrywings in. Regeringsinmenging tydens die oprig van die monument het ideologiese kwessies daargestel waarmee vandag steeds geworstel word. Dit is as apartheidsimbool gebrandmerk en het ander groepe vervreem. Om hierdie persepsies van die monument te verander het die klem verskuif na die kulturele waarde daarvan. Dit word nou as simbool van versoening en nasiebou bemark. Een van die gevolge hiervan was die verklaring van die Voortrekkermonument tot nasionale erfenisterrein. Die afgelope aantal jare is verskeie strukture op die terrein van die monument opgerig wat daartoe kan lei dat die terrein se kulturele integriteit aangetas word. Die gedagte dat die monument die aangewese plek is vir die oprig van ander Afrikanerstandbeelde, is ook problematies, want dit kan die erfenisstatus daarvan in gedrang bring en daartoe lei dat die monument sy status as nasionale erfenisterrein verloor. Om die probleem die hoof te bied, word die instel van verskillende belangesones voorgestel, waar daar algaande wegbeweeg word van die monument in die plasing van bykomende strukture. Daar moet wel besin word of gedenktekens wat nie strook met die boodskap van versoening en nasiebou nie, by die Voortrekkermonument opgerig behoort te word, omdat dit die huidige beeld kan skaad. | |
dc.language.iso | other | |
dc.publisher | LitNet | |
dc.subject | Afrikanernasionalisme | |
dc.subject | Burden | |
dc.subject | Matilda | |
dc.subject | dekontekstualisering | |
dc.subject | erfenisbelang | |
dc.subject | erfenishulpbron | |
dc.subject | Erfenisstigting | |
dc.subject | nasiebou | |
dc.subject | simbool | |
dc.subject | versoening | |
dc.subject | Voortrekkermonument | |
dc.title | Die veranderende betekenis van die Voortrekkermonument: erfeniswins of erfenisverlies? | |
dc.type | Article | |